News

Video: Gemeenskap groet Pottie

In ’n stampvol APKerksaal het oud-kollegas en die Middelburg gemeenskap afskeid geneem van die geliefde oud-polisieman, Michael (Pottie) Potgieter (40).

Pottie het op 13 November aan ’n hartaanval beswyk.

Hierdie besondere briefie is namens sy gesin vir die begrafnisbrief geskryf:

Ouers Johan en Elize, broer Jurie, susters en swaers Marinda en Rudi Botha, Maritza en Cobus Kruger en dogter, Anja:

Michael, Boeta, Ons seun, Pappa.

Hier waar ons vandag sit, is ons stomgeslaan oor jou skielike heengaan. So vinnig, so onverwags, so seer.

Maar tog is daar so baie dinge wat ons in hierdie moeilike tyd laat glimlag, en so baie herinneringe wat tog net partymaal, vir so klein bietjie die seer verlig.

Jou glimlag, jou omgee, jou grappe, jou woorde, wat ’n mens altyd beter sou laat voel.

Jy wat as klein seuntjie nie wou skooltoe gaan nie, jy was as tiener so bietjie stout.

Jy die polisieman, wat nie bang was om ’n skelm te vang nie, jy die pel met vriende orals.

Jy wat die seun was wat altyd by Pappa en Mamma gestaan het.

Jou woorde aan Mamma as jy bel: “Hallo my ou Moeder.”

Jy was Pappa se beste pel.

Jy, as boeta, wat altyd daar was vir ons, jou sussies en boetie, wat dadelik Pieta se skoene volgestaan het die dag toe hy ons verlaat het. Maar laaste, jy as pappa vir Anja, jou Peanut, jou rede vir bestaan.

Ons staan ook tog vandag in dankbaarheid teenoor Ons Vader vir jou tyd op aarde, die diep spore wat jy getrap het in elkeen se lewe wat vandag hier sit, word gekoester, gebêre en sal uitgehaal word wanneer dit voel of die verlange ons wil verteer.

Maatjie, weet asseblief daar waar jy by Jesus se voete sit en gesels met almal, dat ons elke sekonde na jou sal verlang.

Weet ook dat Anja altyd met liefde omhul sal wees en ons almal mooi na haar sal kyk, sy sal jou nooit vergeet nie.

Ons is so lief vir jou, dat woorde in ink op papier dit nooit kan beskryf nie.

Soet wees in die hemel, wag vir ons, ons sien jou sommer gou weer.

Lees ander nuus hier:

Copper thieves busted in Kriel

Power outage Saturday

(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects

Media sak toe op Middelburg

Video: Protesting begins

(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest

Update: Three major political parties to protest during coffin case

Update: Juju on his way to Middelburg

Update: Prepare for chaos

Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 
Back to top button