CrimeUpdate

Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker

Twee mans wat as plaasvoormanne op twee verskillende plase in die Blinkpan omgewing werk, is tans in aanhouding by die Blinkpan Polisiestasie, nadat hulle geïdentifiseer is as die betrokkenes op ’n video wat wys hoe ’n man in ’n kis gedruk, gedreig word dat daar petrol oor hom gegooi gaan word en dat ’n slang saam met hom in die kis gesit gaan word.

Die Economic Freedom Fighters het die mans as Willem Oosthuizen en Theo Martins Jackson geïdentifiseer.

’n Groot groep betogers het gister (Maandag) voor die Blinkpan polisiestasie saamgedrom toe Oosthuizen en Jackson gearresteer is.

Die man in die kis is as Victor Rethabile Mlotshwa uitgeken.

Die EFF het die video beskryf as ‘wit rassiste wat die video op sosiale media gesirkuleer het vir hulle vermaak” en dat “die vernedering oor niks anders gaan as omdat hy swart is nie en dus ’n vernedering is vir alle swart mense.”

Mbuyiseni Ndlozi, EFF woordvoerder, sê dat Mlotshwa se “storie is dat hy aangerand is omdat die mans beweer het dat hy indring maak op die plaas.”

Buiten vir die EFF is daar inligting dat die ANC jeugliga ook binnekort op die wa gaan spring.

Oosthuizen en Jackson word aangekla van ontvoering en aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hulle moet in aanhouding bly tot hul formele borgaansoek wat more (Woensdag) in die Middelburg Landdroshof gehou sal word.

Lees opvolg hier:

Update: Juju on his way to Middelburg

Update: Prepare for chaos

Lees vorige berig hier:

Update: Three major political parties to protest during coffin case

Coffin video leads to criminal charges

Daar is ook intussen vertroulik verneem dat beide verdagtes tydelik van hul poste geskors gaan word tot daar ’n dissiplinêre verhoor kan plaasvind.

Die kis op die video het glo in een van die mans se kantore gestaan en is gekoop vir die begrafnis van ’n plaaswerker wat afgesterf het.

Lees ander nuus hier:

Dam styg en styg!

Ons Pottie…

Post Office shuts down at Mall

Baba by vulstasie gebore

Horrific accident claims life on R555

Video: Baldadig in die reën

Motorist confronts bike thieves

Donald Trump VSA – president

Foto’s: Inloop uit lug gesien!

 
Back to top button