News

Ons Pottie…

Dit was 1 Oktober 2016. Suid-Afrika het teen Australië gespeel.

Ek was gelukkig om saam met my seun Armand die wedstryd in Nashua se losie te kyk.

Maar soos altyd was ons te vroeg – twee ure te vroeg.

Buite langs Loftus se B-veld het ons gestaan en wag.

Toe daag Pottie op, Pottie Potgieter, Michael Potgieter, saam met sy boesemvriend Eric Heyns.

En ons begin gesels, oor die Polisie, rugby, sommer alles.

Lekker in die losie gekuier.

Later het Pottie gebel om dankie te sê vir die lekker kuier: “Was so lekker om saam met julle te kuier, hi, maar jy het ’n smart laaitie”.

Lang pad saam met Pottie gestap.

Pottie wat vir Hoërskool Kanonkop uitgedraf het, wie jou broer Nico afgerig het.

Pottie die Ougatte staatmaker.

Pottie wat skelms kon vang.

Wat in Jan van Riebeeckstraat volstoom afgehardloop het voor jou agter ’n dief aan.

Pottie die polisieman.

Pottie wat so lekker kon gesels waar julle mekaar ookal raakgeloop het.

Sy gunsteling plek was Dros waar hy gereeld saam met sy pa en broer geëet het.

Maar ook Pottie oor wie jy bekommerd was en gereeld moes vra: “Is jy ok, jy moet met my praat”.

Jy het geweet sy vriend Hennie Steyn se skietdood voor hom, jare se polisiewerk, trauma, dood, en nogmaals dood, moes ’n letsel gelaat het.

Was altyd so bekommerd Pottie sou nie alles kon hanteer nie, dat hy dalk, ja, dalk…

Maar Maandagogged word Pottie in sy huis gekry, dood.

Natuurlike oorsake.

Dalk sy hart, ons weet nog nie.

Pottie Polisieman, Pottie die joviale mens, ons Pottie!

Skuus, maar ek kan nog nie groet nie…

Lees ander nuus hier:

Post Office shuts down at Mall

Baba by vulstasie gebore

Horrific accident claims life on R555

Video: Baldadig in die reën

Motorist confronts bike thieves

Donald Trump VSA – president

Foto’s: Inloop uit lug gesien!

 

Check Also
Close
 
Back to top button