News

Baba by vulstasie gebore

'n Babaseuntjie is in die badkamer van 'n vulstasie in Marble Hall gebore, nadat die ma by 'n kliniek weggewys is.

Me. Mercia Blake (Life 24) sê dat hul Maandagmiddag om 17:00 ‘n oproep ontvang het vanaf Viva Vulstasie in Marble Hall oor ‘n swanger vrou wat in kraam gegaan het,

Me. Blake vertel dat sy en die personeel van Viva spoedig die badkamervloer bedek het met Linen Savers en die vloer so steriel moontlik probeer maak het.

‘n Pragtige, gesonde babaseuntjie is kort daarna gebore en het hy dadelik aan sy ma begin drink toe me. Blake hom klaar ondersoek het.

Matlala EMS is na die toneel ontbied, waarna die ma en baba na Matlala Hospitaal vervoer is vir ondersoek.

“Die baba het vitamien K en polio druppels gekry, is geweeg en toe uit die hospitaal ontslaan. Dit gaan baie goed met albei,” sê me. Blake.

• Op versoek vanaf die ma, wil sy haar en haar baba anoniem hou.

Lees ander stories hier:

Horrific accident claims life on R555

Video: Baldadig in die reën

Motorist confronts bike thieves

Donald Trump VSA – president

Foto’s: Inloop uit lug gesien!

Check Also
Close
 
Back to top button