Crime

Boer aangeval op plaas

’n Boer is gistermiddag op sy plaas op die Elandslaagtepad (Loskopdampad) deur drie gewapende mans oorval en van sy voertuig beroof.

Die drie rowers het hulle voorgedoen as beeskopers, waarna hulle mnr. Piet Rossouw oorrompel het.

Volgens mnr. Deon Cornelius (eienaar, Ubethyan-O-Africa) het hy mnr. Rossouw gistermiddag op die Elandslaagte grondpad raakgeloop en by hom gestop.

Hy het gevra of alles reg is, waarop mnr. Rossouw vir hom gesê het dat hy net die skerp klippe van die pad afhaal wat die padskraper agter gelaat het. Net ’n kort rukkie later het hy gehoor dat mnr. Rossouw aangeval is kort nadat hy op die plaas aangekom het.

Mnr. Rossouw was pas tuis, toe die huishulp vir hom kom sê dat daar drie mense is wat beeste wil koop.
Hy is na buite, waar die drie gevra het dat hulle ’n koei wil koop. Mnr. Rossouw het gesê dat hy nie op hierdie stadium ’n koei kan verkoop nie.

Hulle het almal wapens uitgepluk, mnr. Rossouw oorrompel en hom vasgebind. Hulle het ook die huishulp en die tuinwerker oorval, hulle vasgebind en die huis ingedwing.

Die boosdoeners het geld en wapens geëis, maar mnr. Rossouw het vir hulle gesê dat hy nie wapens het nie en ook nie geld in die huis aanhou nie. Hy het vir hulle die kleingeld in die asbakkie van die voertuig aangebied.

Hulle het egter die sleutels van die bakkie geroof, waarop hulle weggekom het met mnr. Rossouw se wit Honda Sport Nutsvoertuig (SUV), registrasienommer FB98HHGP.

• Die voertuig is by Somapepa (Stoffbergpad) die laaste keer gesien, maar is steeds soek. Die rowers is ook steeds op vrye voet.

• Mnr. Rossouw en sy personeel het nie ernstige beserings opgedoen nie.

Lees ander nuus hier:

Opvolg: Dam styg steeds!

Plaaspad word rivier

Water stroom oor keerwal by dam

Video: Damvlak styg na vier ure se stortreën op plaas

Dam kry water!

Video: Land grabs turns violent

Security guard killed

Dit sous maar damvlak sak steeds

Taxi assault caught on camera

SAPS handle slithering pythons to uncover drugs

Is dit jou kwad?

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 
Back to top button