News

Sonia se verhaal… en die nege vriende wat dood is…

"As ek nie uit Middelburg ontsnap het nie, was ek lankal dood of ook in 'n tronk oorsee."

Sonia Snyman sê dat sy die dood net-net vrygespring het. Sy is vandag die ma van twee besige kleuters en bly saam met haar man in Johannesburg. Hierdie is haar storie:

Sonia het in Nigel groot geword. Sy het saam met haar familie in 2008 Middelburg toe getrek toe sy 17 was. ‘n Jaar later, in 2009 het haar ma siek geword. Sy is dood ‘n maand voor haar 18de verjaardag.

“Teen daardie tyd het ek al rocks gerook. Ek het dit by Natal Kafee gaan koop by ‘n man met die naam Manjas. Die aand wat my ma dood is, het ek geloop om te gaan koop. Toe ek terugkom by die huis, was sy dood.”

Sy moes daarna na haar elfjarige broer omsien. Haar pa was min by die huis. Haar broer se laerskool het die welsyn na hul huis gestuur omdat hulle bekommerd was oor hom.

“Ek het maar gedoen wat ek kon. Ek was self ‘n kind.”

Sonia het vir Stix (JP Gouws) en sy broer Johan ontmoet. Hulle het saam begin heroïene rook en na ‘n paar maande van rook, begin spuit. JP is onlangs op straat oorlede.

“Stix was die wonderlikste ou. Hy het sulke goeie maniere gehad, hy was ‘n regte gentleman,” vertel sy van die man wat later vir haar soos ‘n boetie geword het en verlede week dood op ‘n sypaadjie gekry is.

“Hy het altyd terwyl ek swanger was, probeer om te keer dat ek dwelms gebruik. Ons het so baie saam gehuil en saam gelag. Ek kan nie glo hy is dood nie, ek het nog altyd gedink hy gaan dit maak.”

Sonia het ‘n werk gekry om hysbakke te herstel in Pretoria. Sy het soontoe getrek. Haar werkgewer het haar eendag gevang terwyl sy bo-op ‘n hysbak sit, met ‘n naald in haar arm.

“Hy het my gevat en my in ‘n kamer op die 14de vloer van ‘n woonstelblok toegesluit. Hy het gesê as ek wil drugs hê sal ek moet spring.”

Dae later is sy afgeskuif na ‘n kamer in die 12de vloer van dieselfde gebou. ‘n Jong man, wat sy net as Max onthou, het haar plek op die 14de vloer gevat.

Terwyl Sonia eendag gesit en rook het op haar venster se balkonnetjie, het Max, net in ‘n speedo, by haar verby geval.

Hy het besluit om die drugs te gaan kry…

“Ek het gesien hoe val hy homself dood. Dit was aaklig.”

Nadat Sonia skoon was van heroïene het sy besluit om terug Middelburg toe te ryloop.

“Ek was drie dae terug in Middelburg by my pa, toe begin ek meth rook.

“Wat mense nie verstaan nie, is dat drugs vir addicts iets is wat hulle help om te kan cope met die lewe. Dit voel of jy veilig in ‘n kokon is, untouchable. Vir daai klein rukkie is jy okay.”

Terug in Middelburg het sy saam met ‘n vriend wat sy net as H geken het, op die trein in die speelparkie in Lions Park gaan score, hy heroïene en sy haar geliefde crystal.

“H het voor my ge-od. Maar ek was te hoog om hom te probeer help. Toe ek kon beweeg het ek terug huistoe gehardloop, hom net daar gelos. Ek het vir my pa gesê ek kon nie daar bly nie, want ek was bang hulle kla my van moord aan.”

Sy het nooit weer iets van H gehoor nie en weet nie wat van hom geword het nie.

Tydens haar verslawing het sy baie keer haarself vrywillig aan Nigeriërs verkoop. Nie vir seks nie, maar vir ‘n losprys.

“As my pa in Mosambiek was, het ek na die Nigerians gegaan en gesê hulle moet my R400 se stuff gee, en my daar hou tot hy terug kom. Dan moes hy eers betaal om my terug te kry. Hy het dit elke keer gedoen.”
Sonia het vir Sydney Cilliers ontmoet. Hulle was vir vier jaar aan en af in ‘n verhouding en Sonia het swanger geword.

“Ons was fisies, mentally, op alle ways abusive met mekaar. Ons verhouding was based op drugs en dit was drugs wat dit verwoes het.”

Sy het by haar pa gebly toe sy swanger was. Daarna het sy en haar kind in ‘n woonstel in Peace Haven, langs die gevanginis, gebly. Haar pa het die huur betaal. Sydney het met tye by haar gebly.

“Mense was in en uit my woonstel. Dit was die drug haven in die dorp.”

Die welsyn het weer by haar kom aanklop. Hierdie keer was dit vir haar eie kind.

“Ek was woedend toe hulle hom vat. Ek was te geplak om te dink wat met ‘n paar maande-oue baba sou gebeur as ek OD en hy is alleen in die huis. Ek besef nou dat hulle gedoen het wat die beste vir hom was.”

In Mei 2013 het Sonia se sussie, wat as klein dogtertjie opgegee is vir aanneming, haar kom haal.

“Sy het by McDonald’s gestop en vir my gesê ek moet vir haar alles gee wat ek aan my het. Ek het my globe, my lolly en my crystal net so vir haar gegee. Dit was die laaste keer wat ek aan meth gevat het.”

Haar longe lyk soos ‘n rasper, vol swart kolletjies, as gevolg van haar dwelmmisbruik. Kort-kort gaan nog iemand vir wie sy lief is, wat steeds in verslawing vasgevang is, dood.

“Ek is so moeg koebaai gesê. Dit hou net nie op nie.”

• Sonia het haar man deur haar sussie ontmoet. Sonder hulle sou sy nooit vir vier jaar kon skoon bly nie. Sy het in Maart vanjaar haar seuntjie, wat amper vyf is, teruggekry. Sy het ook intussen ‘n kind saam met haar huidige man.

• Sydney Cilliers is tans in die tronk in Lima Peru vir dwelmhandel. Sy vrou, Laura, dien tronkstraf in Nieu Seeland uit vir dieselfde rede.

Sonia meen dat een van die bekendste handelaars in Middelburg, Prince (lees meer oor hom elders), en nog ‘n handelaar genaamd Victor, verslaafdes in Middelburg werf om as dwelmmuile oorsee te gaan.

• Sonia het al nege vriende aan die dood afgestaan as gevolg van dwelms.

Lees ander nuus hier:

Water stroom oor keerwal by dam

Video: Damvlak styg na vier ure se stortreën op plaas

Dam kry water!

Video: Land grabs turns violent

Security guard killed

Dit sous maar damvlak sak steeds

Taxi assault caught on camera

SAPS handle slithering pythons to uncover drugs

Is dit jou kwad?

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button