News

Dam val 25 mm per dag!

Al het dit meer as 30 mm in Middelburg gereën, het net ’n paar druppels in ons opvanggebied geval en sak die Middelburgdamvlak tot 25 mm per dag!

Met Vrydag se storm in die vroeë oggendure is daar op sekere plekke in en om die dorp tot 27 mm gemeet.

Damopsigter Neels Struwig sê dit het egter net 18 mm deur die loop van die nag by die Middelburgdam gereën. Saterdagoggend het hy 6 mm gemeet en Sondag 9 mm. ’n Totaal van 33 mm by die dam.

Dit het so bietjie gehelp dat die vlak nie so vinnig gesak het nie, maar volgens mnr. Struwig is die verdamping en watergebruik geweldig hoog met die warm dae.

Die damvlak staan tans op slegs 33.8% en daar word steeds gevra dat mense by die waterbeperkings moet hou.

• Dit het slegs 10 mm gedurende die naweek op Hendrina (opgevanggebied) geval. Vir ons dam om ’n inloop te kry, moet dit tussen 50 mm en 100 mm in die opvanggebied reën!

Lees ander nuus hier:

Video: Hoop op reën want on dam is leeg!

Weather for the week

Video: Nuut by Kleinbegin

Honde vergiftig

Video: Donkie gebore tydens ongeluk

Back to top button