Crime

Nuusflits: Dief in kerk betrap

’n Dief is vanoggend (Vrydag) op heterdaad in die kerk betrap!

Die booswig was beslis nie daar vir al die goeie redes nie, maar is gevang waar hy besig was om sy buit deur ’n gebreekte venster te tel!

Mid-Alarms sekuriteitsoffisier Peter Jacobusen sê hulle het kort voor 07:00 ’n alarm gekry vanaf die Methodiste Kerk in Bhimy Damanestraat.

Shane Jacobusen by die gebreekte venster waardeur die verdagte sy buit getel het.
Shane Jacobusen by die gebreekte venster waardeur die verdagte sy buit getel het.

Hy en sy kollega, Shane van Rooyen, het na die kerk gejaag en reg rondom die kerk beweeg. Die oomblik toe hulle aan die agterkant kom, het hulle gesien dat die een venster gebreek is en dat iemand besig is om artikels na buite te tel.

“Toe hy weer sy arm na buite steek om iets uit te tel, het ons hom aan sy arm na buite getrek en gearresteer.”

• Die verdagte sal later vandag in die hof verskyn.

 

Back to top button