News

Plakkerskamp reeds teen aan skool

Die Living Waters Private School word berdreig…deur plakkers. Mnr. Sakkie Venter, eienaar van Living Waters, het die Daller bekommerd genader oor die plakkershuise wat soos onkruid versprei, en oornag al nader aan die skool opskiet. Talle oproepe is ontvang van ander gemeenskapslede, en die ouers van leerlinge in die skool, wat bekommerd is oor die …

Die Living Waters Private School word berdreig…deur plakkers.

Mnr. Sakkie Venter, eienaar van Living Waters, het die Daller bekommerd genader oor die plakkershuise wat soos onkruid versprei, en oornag al nader aan die skool opskiet.

Talle oproepe is ontvang van ander gemeenskapslede, en die ouers van leerlinge in die skool, wat bekommerd is oor die kinders se veiligheid.

“Ek moes Dinsdag die polisie skakel om plakkers, wat sommer oornag hul plakkershutte op die skoolgrond opgerig het, te verwyder. Die polisie het blitsig gereageer en minstens ’n verdere uur, ’n oog gehou om seker te maak die hutte word afgebreek,” sê mnr. Venter.

“Dit is privaat grond waarop die plakkers tans huise oprig en dié krisis moet so gou moontlik opgelos word. Jy kan maar gaan kyk, daar sal sommer drie nuwe hutte opgerig wees in ’n halfuur se tyd. Hoekom doen die eienaars van die grond nie iets aan hierdie betreders nie? Hierdie is ’n teelgrond vir dwelms en diefstal en is ons uiters bekommerd oor die skool se leerlinge. Nie net is dit gevaarlik vir die leerlinge nie, daar is geen water vir die plakkers nie, wat nog van sanitasie! Hulle het in ’n poging om water in die hande te kry, al menige kere die waterpype wat na die skool loop gebreek. Die plakkershuise veroorsaak dat ons sake verloor,” sê mnr. Venter.

https://zello.me/hX1cb

Hy het intussen ’n watertenk aan die plakkers verskaf wat die munisipaliteit moet volmaak.

Ouers van die skool is ook reeds per SMS van die gevare buite die skoolgronde in kennis gestel.

Volgens mnr. Willie Oosthuizen, DA wyksleier, het die munisipale bestuurder aan hom gesê dat die grond waarop die plakkers hul hutte bou, privaat eiendom is wat behoort aan Sekhukhune FET College in Motetema, en dat daar reeds aansoek gedoen is vir ’n uitsettingsbevel by die Hooggeregshof. ’n Afsettingsbevel word teen einde volgende week verwag.

• Mnr. Oosthuizen het ook genoem dat hul as die DA, ook jare lank ’n stryd met die munisipaliteit het oor die plakkershutte wat op munisipale grond by die T-aansluiting op die Vaalfonteinpad opgerig word.

Back to top button