Daar is net een woord
"Skokkend!" was die algemene kommentaar nadat Special Assignment 'n program oor die Middelburg Provinsiale Hospitaal gebeeldsend het.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/92/2016/08/16hh11-5_56264.jpg)
Sedertdien het:
* Die Menseregtekommissie die Middelburg Observer in kennis gestel dat hulle die hospitaal besoek het en ‘n ondersoek eis.
* Die hospitaal het ‘n vergadering met me. Bets Claassen se kinders gehad (die Observer het die vergadering bygewoon) waarin hulle aanspreeklikheid aanvaar het vir onder andere me. Claassen se bedsere.
* Daar is dadelik begin met ‘n skoonmaakproses in die hospitaal.
* Die personeel se houding het sigbaar verander.
* ‘n Prokureur van Pretoria, Anelda Collins, het families wat ongelukkig is oor behandeling in die hospitaal, in Middelburg kom spreek oor die moontlikheid van ‘n klasaksie.
• Die Special Assignment uitsending, “Love our Elderly” kan hier gesien word.
• Lees nog kommentaar en ook ‘n brief oor Daleen Naude se ondersoek op bladsy dertien van vandag se uitgawe.
• Me. Claassen was ‘n geliefde inwoner wie se toestand dag na dag in die hospitaal agteruit gegaan het weens ontoereikende mediese behandeling.
Opvolg: Menseregtekommisie gryp in
Horror ordeal at Hospital – ‘They tied me to the bed’
Opvolg: Verslag wys skokkende wonde
Opvolg: Bets – die statige ouma skou
Vrou lankal dood – Verpleegster sê: ‘vital signs are good’
Lees hier oor ander klagtes teen die hospitaal.