Crime

Video: Dokter by hospitaal aangerand

’n Patoloog is deur ’n suster en ’n sekuriteitswag by die Middelburg Hospitaal aangerand!

Dr. Adele Visser het krap- en rooi merke in haar nek waar die sekuriteitswag haar aan die keel beetgekry en gewurg het.

’n www.mobserver.co.za joernalis was so pas by die groot parkering van die hospitaal, waar dr. Visser en haar broer, Tobie van Loggerenberg, hulle ontmoet het.

Hulle kon nie huis toe gaan nie, aangesien die sekuriteitswagte beslag gelê het op hul selfone.

Dr. Visser sê haar huishulp het vir haar gevra om tydens besoektyd te gaan kyk hoe dit met ’n familielid gaan wat al vir twee weke daar lê na ’n motorongeluk.

As guns vir die familie, het dr. Visser die pasiënt gaan besoek en wou net in die lêer kyk om haarself te vergewis van die pasiënt se toestand en watter behandeling die pasiënt kry.

’n Suster het ingestorm en die lêer by haar gegryp en gesê dat sy nie daarna mag kyk nie.

Sy het die suster gevra wat haar naam is, maar sy het geweier om haar naam vir haar te gee.

Dr. Visser het daarop vir haar gesê die enigste manier hoe sy kan uitvind wie sy is, as sy ’n foto van haar neem en dit vir die supervisor wys.

Die suster het uitgestorm en dr. Visser het agter haar aangeloop om met haar te probeer praat, maar sy het omgevlieg en haar met die lêer geslaan.

Dr. Visser is na die ander personeel in die saal en vir hulle gesê dat die suster haar aangerand het.

Hulle het haar beskuldig dat sy foto’s geneem het, waarop sy haar foon uitgehaal en vir hulle gesê het dat sy nié foto’s geneem het nie.

Sy het selfs op haar foon vir hulle al haar foto’s gewys.

Dr. Adele Visser (patoloog) is pas deur ’n suster en ’n sekuriteitswag van die Middelburg Hospitaal aangerand. Die suster het haar met ’n lêer geslaan en die sekuriteitswag het haar gewurg.
Dr. Adele Visser (patoloog) is pas deur ’n suster en ’n sekuriteitswag van die Middelburg Hospitaal aangerand. Die suster het haar met ’n lêer geslaan en die sekuriteitswag het haar gewurg.

Op hierdie stadium het ’n sekuriteitswag opgedaag en sy het vir hom ook die foto’s gewys.

Hy het egter die foon by haar gegryp. Dr. Visser het hom aan die arm gevat en gevra vir haar foon.

Die sekuriteitswag het die skraal vroutjie aan die nek, weerskante van haar gorrel, beetgekry en begin wurg.

Sy het gegil dat die personeel die polisie moet bel, maar hulle het geweier.

Mnr. Van Loggerenberg het ook intussen na sy suster gaan soek, waarop die sekuriteitswagte ook sy selfoon afgevat het.

“Een het my vorentoe gestamp teen die ander een vas, waarop die ander een my weer van sy kant af teruggestamp het. Ek het net my hande in die lug gegooi en gevra wat wil hulle hê ek moet doen.”

• Mnr. Van Loggerenberg het die www.mobserver.co.za joernalis se foon gebruik om ’n vriend te bel. Die vriend het met die hulp van die “Find my phone” App, gesien dat die fone by die De Kock gebou in die dorp is!

Lees ander Hospital stories hier:

Opvolg: Familielede in trane by proteaksie

Video: Families want answers

Opvolg: Special Assignment kom ondersoek

Opvolg: Verslag wys skokkende wonde

Opvolg: Bets – die statige ouma skou

Vrou lankal dood – Verpleegster sê: ‘vital signs are good’

Vrou se bedsere vrot

Vrou deurtrek van bedsere

Lees hier oor ander klagtes teen die hospitaal.

Back to top button