Crime

Opvolg: Menseregtekommissie gryp in

Die Menseregtekommissie gaan 'n intensiewe ondersoek doen na die dood van me. Bets Claassen en mnr. Pieter Wahlstrand.

Mnr. Eric Mokonyama (Provinsiale bestuurder, Mpumalanga kantoor, SA Menseregtekommissie) het in ‘n brief aan die Observer bevestig dat die Departement van Gesondheid ‘n intensiewe ondersoek gaan loods oor die twee pasiënte se dood in die Middelburg Hospitaal.

Me. Bets Claassen het op 17 April gesterf en ‘n doodsertifikaat het aangedui dat dit weens septisemie was.

Me. Bets Claassen soos almal haar sal onthou.
Me. Bets Claassen soos almal haar sal onthou.

Die septisemie is veroorsaak deur bedsere wat sy in die hospitaal opgedoen het, nadat sy opgeneem is vir ‘n gebreekte heup.

Haar kinders het gesê dat sy “vermoor is.”

•Mnr. Pieter Wahlstrand is dood op 26 April en sy familie beweer hy is dood weens honger, omdat hy sedert sy breinoperasie nie kon eet nie.

Letters:

Die waarheid bly die waarheid

Daar is onder andere aan die koerant genoem dat die aarvoeding en suurstof eers ná sy dood opgesit is.

Toe sy familie dit wou afhaal, het hulle gekeer en gesê dit moet ‘n uur op bly, want dit kan dalk ‘n skyndood wees.

Mnr. Mokonyama het in sy brief gesê dat die Departement van Gesondheid die Menseregtekommissie laat weet het dat hulle hul voorlopige ondersoek voltooi het.

Me. Lizzy Mahlangu beweer sy is met dié verbande aan 'n bed vasgemaak.
Me. Lizzy Mahlangu beweer sy is met dié verbande aan ‘n bed vasgemaak.

Gebaseer op die uitkoms van hul ondersoek, het die departement besluit om beide sake te verwys na hul Distrikskomitee wat negatiewe klagtes rakende hospitale ondersoek.

Mnr. Mokonyama het onderneem om die koerant in kennis te stel sodra die ondersoek voltooi is.

• Hy het ook kontakbesonderhede van me. Lizzy Mahlangu aangevra, wat beweer dat sy in opdrag van ‘n verpleegster deur sekuriteitswagte met verbande aan ‘n bed vasgemaak is.

Lees ander stories hier:

Opvolg: Verslag wys skokkende wonde

Opvolg: Bets – die statige ouma skou

Vrou lankal dood – Verpleegster sê: ‘vital signs are good’

Vrou se bedsere vrot

Vrou deurtrek van bedsere

Lees hier oor ander klagtes teen die hospitaal.

Back to top button