News

Video: Tierboskat in Kanonkop

Maak toe die ark se deure sodat die diere kan binne bly! So voel inwoners van Middelburg seker nadat nog ’n ongedierte sy verskyning op die dorp gemaak het.

Oor die jare is daar al:

•’n Vlakvark is in ’n dominee se tuin gekry.

•’n Likkewaan het die provinsiale hospitaal se gange bewandel.

•’n Bobbejaan het leerlinge op hol gehad nadat hy oor die skoolterrein gehardloop het.

•’n Inwoner se hond is geklap dat hy tol deur ’n bobbejaan.

•Daar is krokodille in ’n man se tuin gekry in Aerorand.

•’n Yslike vlakvark het in Dennesig deur ’n glasvenster gehardloop.

•’n Bruinhiëna is naby die dorp doodgery.

•’n Luiperd is naby Dennesig woonbuurt gesien.

En nou is ’n Tierboskat in Rietbokstraat (Kanonkop) gevang.

•Persone wat wilde diere opmerk, kan Daleen Naude bel by 013 243 1434.

Back to top button