Update

Opvolg: ‘Middelburg Monsters’ word gevonnis

Na maande se wag, en ’n desperate gespartel deur die “Middelburg Monsters” se regsverteenwoordiger, het hul dag van rekenskap uiteindelik aangebreek.

Die “Middelburg Monsters”, so gedoop nadat hulle skuldig bevind is vir onder andere die verkragting van hul twee dogters, sal Donderdag 12 Maart, in die landdroshof gevonnis word.

Danksy ’n suksesvolle aansoek wat deur mnr. Danie Koekemoer namens die Middelburg Observer voor landdros Deon Minnie gebring is, sal die vonnisoplegging op die Middelburg Observer se webtuiste, www.mobserver.co.za, uitgesaai word vir enige iemand om te sien.

Die egpaar, waarvan die ma 31 en die pa 39 is, het van hul swygreg gebruik gemaak en gekies om nie tydens hul verhoor te getuig nie. Die getuienis van hul twee dogtertjies, was egter verdoemend.

Die kinders is vir drie jaar, vandat die oudste 10 jaar en die jongste vier jaar oud was, seksueel deur hul pa misbruik.

‘Middelburg Monsters’ – Comments

Hulle het tydens hul getuienis vertel hoe hul pa hul met kabelbinders aan die bed se kopstuk vasgebind het en hoe hulle ma hul vasgehou het sodat hul pa hulle kan misbruik. Die jongste dogtertjie het getuig dat sy en haar sussie minstens tien maal gesodomiseer en verkrag is.

Die egpaar se regverteenwoordiger, adv. Jan van Rensburg, het aangevoer dat die jongste dogtertjie nie ’n maagdevlies het nie omdat sy deel is van ’n seldsame statisitiek wat sonder een gebore is. Die oudste dogter is daarvan beskuldig dat sy van 10-jarige ouderdom ’n verhouding met hul 26-jarige buurman gehad het.

Die misdrywe het aan die lig gekom nadat die jongste dogtertjie se juffrou haar gestuur het om iemand te gaan sien na aanleiding van “snaakse gedrag” en ’n onwelriekende reuk wat sy gehad het.

Tydens die oudste dogter se getuienis het sy gevra om haar ouers aan te spreek. Sy het aan hulle gesê dat sy steeds lief is vir hulle en hoop dat hulle haar eendag kan vergewe, omdat sy hulle reeds vergewe het.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button