Video: Gewapende rowers slaan toe op Groblersdal

Drie gewapende mans het Maandagaand omstreeks 20:00 by Debonairs in die Game Sentrum in Barlowstraat, Groblersdal toegeslaan.

Volgens a/o Stanley Magaela, het drie verdagtes by die deur van die besigheid ingeloop na personeel reeds huistoe is vir die aand.

Net die assistent bestuurder, mnr. Arno Cronje, en die eienaar, mnr. Bart Kruger, was daar om laaste voorbereidings te doen vir die volgende dag.

“Ek was oppad uit my kantoor om die deure van die winkel te sluit toe ek my teen die mans vasloop,” vertel mnr. Cronje.

’n Wapen is op hom gerig en hy is kantoor toe gedwing sê mnr. Kruger.

Hy is beveel om die kluis oop te maak en ongeveer R12 000 kontant en selfone is gebuit.

“Die mans het ons in my kantoor toegesluit, waar ek die paniekknoppie gedruk het,” sê mnr. Kruger.

Beeldmateriaal van die rooftog is deur die polisie bekom.

•Mnr. Kruger bedank graag Loskop Alarms, die Groblersdal SAPD, Groblersdal Buurtwag, WIPS, Gunmar Security en Vallei S.O.S, vir hul vinnige reaksie.

Back to top button