News

Blouligbende kaap kolonel

Die stasiekommissaris van Delmas, kol. Jannie van Tonder, het Donderdagoggend net buite Middelburg op die Bethalpad wakker geword.

Geskok en erg getraumatiseer het hy sy vrou gebel, wat op haar beurt die polisie van Middelburg laat weet het om hom te gaan oplaai.

Die dramatiese gebeure het Woensdag begin toe kol. Van Tonder as groepbevelvoerder polisiestasies besoek het.

Tussen Vosman en eMalahleni het kol. Van Tonder ‘n verdagte trok langs die pad opgemerk en gestop. Die presiese daaropvolgende gebeure was teen druktyd nog nie bekend nie, aangesien hy pas gevind en geskok was.

Daar is aan die Observer gesĂȘ dat daar kort daarna ‘n voertuig met blou ligte en mans in polisie-uniform op die toneel gestop het. Hulle was gewapen met R5 aanvalsgewere.

Die bende het sy selfoon, dienspistool en voertuig geroof en hom met ‘n wapen teen sy kop gedwing om ‘n vloeistof in te neem.

Donderdagoggend het hy langs die pad net buite Middelburg wakker geword en ‘n selfoon hoor lui. Kol. Van Tonder het sy eie selfoon tussen die bosse gekry en sy vrou laat weet om die polisie te kontak.

Al inligting wat teen druktyd nog bekend was, is dat kol. Van Tonder erg aan skok gely het en behandel moet word. Daar was sprake dat hy na die Life Midmed Hospitaal geneem wou word.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button