News

Die klassieke tafel is gedek

Die ligte en die kameras het reeds verlede week by die Gala-aand begin flits, nou wag ons nog net vir die naweek se aksie op die sportveld!

Elize Kotze (Proteanetbalafrigter) was die gasspreker by Donderdagaand se spoggeleentheid in HTS Middelburg se ouditorium. En soos oudergewoonte is die tafel weer lekker gedek vir die komende Classic Clash.

Kotze het die groot sterre van die aand (HTS en MHS se eerste sportspanne) gemotiveer met ’n hele paar toepaslike wyshede.

• Jou ouers, afrigter, onderwysers, mentors en vriende het die grootste invloed in jou lewe – veral as hulle ook in jou drome glo.

• Besluit wie jy in jou hart of kop toelaat.

• Talent is vir ewig; prestasie is tydelik.

• Skep ’n kultuur van trots, verantwoordelikheid en respek vir mekaar.

• Wees dankbaar vir jou talent en wend dit tot eer van God aan.

• Die sportseun of -dogter wat sy sport bemeester, is die persoon wat ’n verskil maak. Duur skoene of ander toerusting is ’n bysaak.

• Tydens wedstryde het haar pa vir haar die volgende telegram gestuur: “Winning is not everything; it is the only thing.”

• En haar ouma: “Jy wil, jy sal én jy kan. ’n Kruger gaan lê nooit nie!”

• Jou storie tot op hede bepaal geensins jou toekoms nie.

* Die aksie begin reeds Woensdagmiddag wanneer die seunshokkiespanne mekaar die stryd by Hoërskool Middelburg aansê.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button