Sport

Groot swartbaar vat hoek

Wayne Naudé, wat verlede jaar die Suid-Afrikaanse rekord swartbaars van 7.192kg in Loskop gevang het, gaan nié die naweek by die Swartbaars Bonanza wees nie!

Naudé sê hy sou graag wou deelneem, maar is op pad na Zambië waar hy aan die Streek 5 Ligtegereikompetisie sal deelneem.

Sy pa en broer, Noddies en Michael, gaan egter die Naudé gesin se naam hoog hou by die swartbaars kompetisie by Forever Resorts Loskopdam.

•Naudé het Sondag saam met internasionale hengelskrywer, George Robey, gaan lyne natmaak in Loskop en ’n reuse swartbaar het losgekom van sy lyn af.

“Hy het onder die water groter gelyk as die een wat verlede jaar die rekord was,” sê Naudé teleurgesteld. Hy vertel dat die vis net te groot was en dat hy hom nie omgedraai kon kry nie.

Dinge het darem nie heeltemal onsuksesvol verloop nie en hy het ’n knewelbaars van meer as 5kg én een van sowat 3.5kg gevang. Hy is nie doodseker wat hulle geweeg het nie, want hy weeg nie al sy visse nie.

Loskopdam is bekend vir sy Suid-Afrikaanse rekord blou kurpers, maar Saterdag is ’n yslike vet swartbaar in die dam gevang.
Die vis word as Suid-Afrikaanse rekord beskou.

Die 2018 Loskop Bass Bonanza is gewen deur Wayne met ’n swartbaar van 7.192kg!

 

 

 

 

 

Ander nuus:

Bestuurder van Scirocco kom na vore

Jong man sterf tien dae na ongeluk

Puma afrigter sê borge wat nie verpligtinge nakom nie is ‘lafaards’

 

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button