News

Bestuurder van Scirocco kom na vore

Die jong man wat meer as een keer met sy VW Scirocco verby ’n ongeluk gery het, het dadelik na vore gekom toe hy hoor sy voertuig is gesien en dat daar na hom gesoek word.

Anton van Asgewen (33) was op 2 Augustus tussen 19:45-20:15 in ’n ongeluk in Zuidstraat en het nooit sy bewussyn herwin nie. Hy is Maandagmiddag oorlede.

Sy familie het gesê dat ’n sekuriteitswag opgemerk het dat ’n VW Scirocco meer as een keer verby die ongelukstoneel gery het. Hulle het gevra dat die persoon na vore moet kom met die hoop dat hy dalk die ongeluk sien gebeur het.

Lees ook: Jong man sterf tien dae na ongeluk

Sheldon van Rooyen (20), bestuurder van die VW Scirocco, het die berig op www.mobserver.co.za gesien en dadelik na die Observer se kantore gekom.

Hy sê egter teen die tyd wat hy die aand by die ongelukstoneel verby gery het, was daar reeds mense op die toneel. Sheldon het nie die ongeluk sien gebeur nie.
Sy meisie bly in die omgewing en hy het vir hulle vertel dat daar ’n ongeluk was toe hy daar aankom.

Lees ook: Man kritiek na kar deur muur ry

Hy sê dat die meisie se pa wou sien waar die ongeluk gebeur het en het hy hom opgelaai en weer daar verby gery.
Sheldon en sy familie het hulle simpatie met die gesin uitgespreek.

•Daar word steeds gevra dat enige ooggetuies van die ongeluk mnr. Van Aswegen se suster, Angelique, sal bel by 082 697 8791.

 

 

Ander nuus:

Puma afrigter sê borge wat nie verpligtinge nakom nie is ‘lafaards’

Man sê daar was nie toldraaie gemaak

KYK – Motohuis in vlamme terwyl egpaar rugby kyk

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button