PappaChef en bekendes kattemaai en kook in die kombuis

Pieter Malan, afkomstig van die Laeveld, het bekendheid as chef verwerf toe hy in 2019 aan die gewilde werklikheidsreeks, Kokkedoor op kykNET deelgeneem het en uiteindelik die top drie gehaal het.

Die volgende twee maande gaan inwoners van verskeie dorpe op ’n kookprogram met ’n verskil getrakteer word.

Die PappaChef-toer, in samewerking met Afrikaans.com, sit ’n kinkel in konvensionele kookprogramme wanneer dié bekende chef en kospersoonlikheid sy voorskoot vasmaak en sy potte en panne uithaal om saam met bekendes te klets en te kook.

ALSO READ: Pappa chef spills the beans

Vir die eerste keer word radio en sosiale media ingespan en kan duisendes inskakel op hulle plaaslike radiostasies om na die manewales van hul geliefde bekendes in die kombuis te luister.
Tydens elke program gaan daar gekook, gesels en gelag word, kosstories en geheime gedeel word -kortom, luisteraars en kykers gaan ’n heel ander kant van dié persoonlikhede ervaar en sommer ’n nuwe resep ook leer.

Meer oor die PappaChef-toer

Grense word verskuif in hierdie Afrikaanse multimediavertoning wanneer radio en sosiale media saamspan. Van die grootste name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf sluit elke week by Pieter aan vir ’n kookervaring soos min.

Meer oor Pieter Malan
Pieter het bekendheid as chef verwerf toe hy in 2019 aan die gewilde werklikheidsreeks, Kokkedoor op kykNET deelgeneem het en uiteindelik een van die top drie-deelnemers was. Deesdae is hierdie besige pa en eggenoot ook ’n seremoniemeester, motiveringspreker, radio-aanbieder, professionele lid van die Suid-Afrikaanse Sjefvereniging, ’n geakkrediteerde SA Sjef-beoordelaar en ’n wenner van die gesogte Eat Out-toekenning.
Pieter het al by bekende feeste, soos Aardklop, die Pretoria-fees en die Pekan-fees opgetree. In 2019 is hy ook tydens Aardklop deur die plaaslike radiostasie, Overvaal Stereo, as die mees inspirerende ikoon by die fees vereer.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version