EntertainmentLifestyle

PappaChef en bekendes kattemaai en kook in die kombuis

Pieter Malan, afkomstig van die Laeveld, het bekendheid as chef verwerf toe hy in 2019 aan die gewilde werklikheidsreeks, Kokkedoor op kykNET deelgeneem het en uiteindelik die top drie gehaal het.

Die volgende twee maande gaan inwoners van verskeie dorpe op ’n kookprogram met ’n verskil getrakteer word.

Die PappaChef-toer, in samewerking met Afrikaans.com, sit ’n kinkel in konvensionele kookprogramme wanneer dié bekende chef en kospersoonlikheid sy voorskoot vasmaak en sy potte en panne uithaal om saam met bekendes te klets en te kook.

ALSO READ: Pappa chef spills the beans

Vir die eerste keer word radio en sosiale media ingespan en kan duisendes inskakel op hulle plaaslike radiostasies om na die manewales van hul geliefde bekendes in die kombuis te luister.
Tydens elke program gaan daar gekook, gesels en gelag word, kosstories en geheime gedeel word -kortom, luisteraars en kykers gaan ’n heel ander kant van dié persoonlikhede ervaar en sommer ’n nuwe resep ook leer.

Meer oor die PappaChef-toer

Grense word verskuif in hierdie Afrikaanse multimediavertoning wanneer radio en sosiale media saamspan. Van die grootste name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf sluit elke week by Pieter aan vir ’n kookervaring soos min.

  • Daar is agt episodes wat weekliks vanaf 19 Oktober tot 7 Desember 2020 op 21 plaaslike radiostasies uitgesaai word.
    • Die programme word opgeneem voor ’n gehoor en word op Afrikaans.com se webtuiste gestoor sodat mense agterna ook daarna kan kyk.
    • Verskeie gaste en plaaslike legendes neem deel.
    • Daar sal elke week ook ’n insetsel wees wat fokus op toerismeaantreklikhede van die dorp wat besoek word.
    • Elke episode word afgesluit met musiek deur die gaskunstenaar.
    • Elke week se resep word op Afrikaans.com geplaas.
    • Elke week word daar ook ’n toekenning gegee aan ’n plaaslike legende – iemand wat tot Afrikaans ’n bydrae maak.
    • Hierdie toer is ’n verlenging van die aanlyn PappaChef-programme waar sterre soos Kurt Darren, Fatman, Nicholis Louw, Manie Jackson, Rubber Duc, Posduif, Hannes van der Walt en Pierre Nel hul vernuf agter die kospotte gewys het.

Meer oor Pieter Malan
Pieter het bekendheid as chef verwerf toe hy in 2019 aan die gewilde werklikheidsreeks, Kokkedoor op kykNET deelgeneem het en uiteindelik een van die top drie-deelnemers was. Deesdae is hierdie besige pa en eggenoot ook ’n seremoniemeester, motiveringspreker, radio-aanbieder, professionele lid van die Suid-Afrikaanse Sjefvereniging, ’n geakkrediteerde SA Sjef-beoordelaar en ’n wenner van die gesogte Eat Out-toekenning.
Pieter het al by bekende feeste, soos Aardklop, die Pretoria-fees en die Pekan-fees opgetree. In 2019 is hy ook tydens Aardklop deur die plaaslike radiostasie, Overvaal Stereo, as die mees inspirerende ikoon by die fees vereer.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button