Van klavier tot harp by vanjaar se eisteddfod

'n Totaal van 578 deelnemers het aan hierdie afdeling deelgeneem.

MBOMBELA – ‘n Kaleidoskoop van instrumente was verlede week op die verhoog van die Communio-kerk te sien tydens die instrumentale afdeling van die Nelspruit Eisteddfod.

Alles van viole en klaviere tot harpe en marimbas is gehoor. Deelnemers kon individueel, in pare of in groepe deelneem en kon kies tussen klassieke en ligte musiek.

Dié afdeling se beoordelaar, Chantie Minnaar, het gesê dit is vir haar lekker om weer vanjaar hierdie posisie te beklee. “Dit is nou my tweede jaar. Die standaard hier is baie hoog en die deelnemers is goed afgerond,” het Minnaar gesê.

LEES OOK: Afrikaanse drama vier fees op eisteddfod verhoog

Volgens eisteddfodvoorsitter, Thea Möller het hulle ‘n allemintige 406 inskrywings vir die instrumentale afdeling ontvang.
Quewlynn Bhana, afdelingshoof, het gesê dat die program vlot verloop het en dat hulle opgewonde was om Minnaar weer daar
te hê.

Die prestige prysuitdeling van die eisteddfod vind op 7 September plaas waartydens al die deelnemers wat gedurende die eisteddfod uitgeblink het, sal optree en toekennings ontvang.

LEES OOK: Die 2018 Nelspruit Eisteddfod skop af

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version