Afrikaanse drama vier fees op eisteddfod verhoog

Die eisteddfod het op 30 Julie begin en sal op 31 Augustus ten einde loop en die dans afdeling het Maandag begin.

MBOMBELA – Ongeveer 1 200 mede-dingers het verlede week die kans gehad om aan die Afrikaansdrama-afdeling van die Nelspruit Eisteddfod deel te neem. Die eisteddfod het op 30 Julie begin en sal op 31 Augustus ten einde loop.

Inge Theunissen.

Die skrywer Jaco Jacobs was ‘n gunsteling by die eisteddfod met talle van sy stukke wat voorgedra of gedramatiseer is. Elsje Retief en Vorster Venter was die twee beoordelaars in hierdie afdeling wat Vrydag afgehandel is.

Lisa Goncalves.

Met jare se ondervinding het hulle hul daarop toegespits om eerder kommentaar te lewer wat deelnemers in die toekoms kan help, as om bloot kritiek te lewer.

LEES OOK: Die 2018 Nelspruit Eisteddfod skop af

“Iewers in jou lewe gaan jy nog voor iemand moet praat. Dalk moet jy iemand voor ander met hulle verjaarsdag gelukwens. Of jy moet by jou werk of jou skool voor ander opstaan en praat. Miskien is een van julle nog ons volgende president. Daarom is dít wat julle hier doen so belangrik,” het Retief by een van die sessies vir die deelnemers gesê.

Anke Oelofse.

Die dansafdeling van die eisteddfod het Maandag afgeskop en beloof ook hope pret vir deelnemers sowel as vir die gehoor. Gaan loer gerus in by die Communio-kerk om te sien waarmee die jong kunstenaars hulleself besig hou.

LEES OOK: Eisteddfod open to all who are passionate about the arts

Exit mobile version