Hoërskool Nelspruit se 2018 skouspel

Vanjaar se skouspel was beslis een vir die boeke.

MBOMBELA – Die skitterendste aspek van die 2018 Nelspruit Hoërskool-skouspel was nie die perfekte choreografie, die engelstemme of spoggerige kostuums nie, maar eerder die energie van elke leerder op die verhoog wat die gehoor op hul voete gehad het.

Foto: Hennie Homann /www.hhphotoxpress.co.za

Die skouspel was vandeesweek in die Mbombela Stadsteater te sien en het Saterdagaand met ‘n gala-aand afgesluit.
Die vertoning het begin met die treffer, “Music was my first love” wat deur vyf leerders gesing is en die gehoor van kop tot tone hoendervleis gegee het.

Foto: Hennie Homann /www.hhphotoxpress.co.za

Ander treffers van die konsert sluit in ‘n Adele-keurspel, ‘n vermenging van twee treffers “Blue bayoo” en “Skynheilig” en die Meatloaf-treffer, “I would do anything for love”.

Foto: Hennie Homann /www.hhphotoxpress.co.za

Die “Makarena mambo” was duidelik ‘n groot gunsteling onder die gehoor en is ook as ‘n toegif herhaal na die energieke finale op maat van die John Farnam-treffer “You’re the voice”.

Foto: Hennie Homann /www.hhphotoxpress.co.za

“Writing’s on the wall” het gesorg vir ‘n teer oomblik in die vertoning met ‘n paartjie wat passievolle danspassies met talle toertjies uitgevoer het.

Foto: Hennie Homann /www.hhphotoxpress.co.za

Die uitstekende beligting en stel wat oënskynlik deur die musiekvideo van “Toe vind ek jou” geïnspireer is, het die aanbieding goed afgerond.

Foto: Hennie Homann /www.hhphotoxpress.co.za

Vanjaar se skouspel het sag op die oor én op die oog geval en groot verwagting is reeds vir volgende jaar geskep.

LEES OOK: Nelspruit Hoërskool Revue 2016

Exit mobile version