EntertainmentLifestyle

Carmen gaan inwoners onder die sterre vermaak

Op 26 en 27 Mei bied die Lowveld Chamber Music Association (LCMA) die opera Carmen tydens 'n buitelugkarnavaal by Umbali aan.

MBOMBELA – Die groot vleuelklavier lê vol bladmusiek gepak en die Lowveld Chamber Music Association (LCMA) is hard aan die oefen vir ‘n skouspel wat nog nooit vantevore in die Laeveld gesien is nie.
Die koor leer ywerig aan die Franse woorde en sit skouer aan die wiel om hul crescendos perfek in te oefen.
Carmen is ‘n gewilde opera en liedjies soos “Habanera” word dikwels in flieks en advertensies gebruik.

 

“Die opera gaan oor Don José, ‘n jong onskuldige soldaat wat verlief raak op Carmen,” verduidelik Linette van der Merwe wat die titelrol speel.

Lees ook: Vurige rooikop in Carmen onder die sterre
Carmen lol egter net met sy gevoelens om uit gevangenis te ontsnap en maak dit later duidelik dat sy eintlik op die bulvegter Escamillo verlief is.
Desperaat en in sy liefde verlaat, vermoor José die vrou wat hy liefhet. Die laaste toneel beloof die drama en passie wat ‘n mens uit Bizet se bekendste opera sal verwag.

“Dit is ‘n goeie storie met liefde, wraak en dood – al die elemente wat nodig is om ‘n skare op sy voete te hou,” sê Walter Fourie, direkteur van LCMA.

 

Lees ook: Open air opera first in the Lowveld
• Die vertoning vind by Umbali plaas. Kaartjies kan by www.quicket.co.za bespreek word en pryse wissel van R80 tot R170. Bespreek nou om teleurstelling te voorkom.

Back to top button