FeaturesInnibos NuusLifestyle

Rockers kap dit flou tydens laaste aand van Innibos

Jonges het reg voor die verhoog saamgedrom, gekopstamp en van naby af hulle gunsteling-kunstenaars bewonder en saamgeskree.

Rock is nog lank nie dood nie, en die opkoms by vanjaar se MK-Rockverhoog is ‘n klinkklare bewys daarvan. Die rockliefhebbers, wat nou nie heeltemal jou Bobby van Jaarsveld-tipe is nie, se ore is Vrydag bederf met klanke deur Majozi, Spoegwolf, Albert Frost Trio, Wonderboom, Taxi Violence en Fokofpolisiekar, en Matthew Mole, Nagligte, Bouwer Bosch, Kinky Robot, Gangs of Ballet, aKING en Bittereinder Saterdag. Daar was genoeg sitplek, maar dit was leeg. Jonges het reg voor die verhoog saamgedrom, gekopstamp en van naby af hulle gunsteling-kunstenaars bewonder en saamgeskree. Saterdagaand, wat vir baie die beste van die twee was, is met oorgawe geniet toe Fokofplisiekar se Belville-vertakking, aKING die verhoog betree het. Van die beste titels van hul top-albums soos Dutch Courage, In The Twilight, Against All Odds, The Red Blooded Years en Morning After het behoorlik herinneringe van so vroeg as 2008 opgeroep.

Die feesterrein het weergalm toe die Dinkdansmasjiene, Bittereinder begin rock en rap het. “As jy Engels kan praat, sit jou hand in die lug o flip, daar’s niemand,” het die gehoor gesukkel om by die rapper Kwaad Naas Botha te bly. Effe aan die rustiger kant, het Bouwer Bosch, wat bekendheid in Straatligkinders verwerf het, die harte laat smelt met treffers soos “Liefde Wen”. Gangs of Ballad se “Hello Sweet World” en Nagligte, ‘n band wat onlangs opslae gemaak het in die Suid-Afrikaanse rock-industrie, het die gehoor behoorlik in vervoering gehad. Dit was vanselfsprekend dat die hoofattraksie onder die girls beslis Mathew Mole. Hy het nie net die kuns van die ukulele bemeester nie, maar weet ook hoe om om die hartsnare met mening te tokkel met treffers soos “Take Yours, I’ll Take Mine.”

Nie almal het egter só aangename ervaring gehad nie, of só skryf “Die beneukte tiener”. Na afloop van die jaar se vertonings op die MK kykNET NOU-verhoog, het dit vir my duidelik geword dat party mense geen benul het van gehoor-etiket nie.

Hier is die vier mees algemene scenarios:

1. “Bra, ek weet jy love you “Fairy Dust en Unicorn Horn” flavoured twisp, dit beteken nie ek like dit 100km/h teen my gesiggie vas nie.

2. “Daai sonhoed wat my view blok, ís beautiful, en heeltemal van pas. In die somer. Op die strand. Ek weet die Laeveld is warmer as Gauteng, maar die son skyn beslis nie in die aand hier nie.

3. “Put your hands up in the aaaaiiirrrrr.” Sit hulle maar op. Maar dis nie baie lekker as ek ‘n Black Label-stort in die tweede ry vang nie.

4. “Net omdat die song te stadig is om jou kop teen iemand anders s’n te kap, beteken nie dis een van die mees gerespekteerde songs in die SA musiekbedryf nie. Geniet hom, al verstaan jy nie mooi hoekom die guitarspeler sy gesig so trek nie.

“Wees net bietjie bewus van die mense om jou, dan is dit lekker vir almal. Oukei, oukei!”

Back to top button