Rockers kap dit uit by MK NOU!

Spoegwolf, Majozi, die Albert Frost Trio, Wonderboom, Taxi Violence en Fokofpolisiekar het gisteraand op die rockverhoog gespeel en gespring en gesing.

Gisteraand was die jongklomp maar bra statig by die MK NOU! Rock-konsert. Fokofpolisiekar kon hulle darem aan die partytjie-hou kry.

Dit is vreemd om te dink hulle het hul laaste studio-album 10 jaar gelede opgeneem. Ek was toe nie meer op skool nie. Dié gedagte laat my oud voel.

Sedertdien het die groeplede ander bands gevorm. Niks kon egter ooit naby Polisiekar as legende kom nie: Hulle wás op ‘n stadium Afrikaanse rock-musiek.

Die jonges se reaksie gisteraand getuig hiervan. Hulle het voorsanger Francois van Coke letterlik op die hande gedra. Bekend vir hulle energie op die verhoog, het hulle dié reputasies gestand gedoen, veral met “Brand Suid-Afrika” en “Vernietig jouself”.

Taxi Violence was die ander grootste trekpleister na hierdie konsert. Hulle is ‘n besonders hegte eenheid op die verhoog, en het daarmee bewys hoekom hulle as een van die beste live acts in die land beskou word.

Dis jammer hul voetstampende rock n roll kon het ‘n beperkte impak op die gehoor gehad. Dit was dieselfde met die res van die line-up, insluitend die immergroen Albert Frost Trio (lees meer oor Albert Frost op bladsy 6) en Wonderboom. Dié manne het gewys hulle is steeds na al die jare vuurwarm en het vermaak met liedjies wat teen nóú sekerlik as moderne klassiekes beskou moet word, soos “Shadows” en “Never ever”.

Spoegwolf, se Afrikaanse lirieke propvol poëtiese simboliek en die sielvolle Majozi het die program voltooi.

Die omruiling tussen die verskillende groepe op die verhoog was egter verskriklik lank. Taxi Violence kon 22:00 eers begin speel. Die groepe het goed geklink, ja, maar iemand sal na die tyd moet kyk – konsertgangers geniet dit nie om so rond te staan en die aand om te wag nie.

• aKING, Bittereinder, Bouwer Bosch, Gangs of Ballet, Kinky Robot, Matthew Mole en Nagligte is vanaand in aksie op dié verhoog. Toegang tot die feesterrein beloop R175.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version