FeaturesInnibos NuusLifestyle

‘n Dosyn is te veel as jy herhaal

"Helaas is dit omdat hulle nie van beter weet nie of geensins tussen vrot, gemiddeld of uitmuntend kan onderskei nie…"

Liewe Dana, Frank en Gerrit

Teen dié tyd het julle dalk al begin vermoed dat Hond nie bepaald julle beste werk, kollektief of individueel, verteenwoordig nie en dat die staande ovasie wat julle Donderdagaand ontvang het voortgekom het uit ‘n gehoor wat voel dat die ongewone kombinasie van humor en hartseer só iets verdien. Helaas is dit omdat hulle nie van beter weet nie of geensins tussen vrot, gemiddeld of uitmuntend kan onderskei nie…

Niks is so irriterend en uiteindelik so vervelig in teater as herhaling nie. Sou ‘n mens vooraf geweet het dat Hond eintlik slegs sou bestaan het uit telefoongesprekke tussen Frank se karakter en sy eks-vrou, asook ‘n paar opportuniste wat met stories na hom toe kom vir moontlike publikasie in Huisgenoot, sou ‘n titel soos Hond se Gedagte seker heelwat kykers sou kon afrokkel.

Maar nou het ons presies dít plus die sage van die Kentucky-bestelling wat baie lank vat om afgelewer te word end an nog foutief is ook: Terwyl die hond se eienaar duidelik by sy bestellling genome het dat hy Coke wil hê, “soos in Brandy met Coke, lewer hulle tog Fanta af nadat hy hulle daarteen gewaarsku het. Bla-bla-bla het die gehoor gelag toe die Fanta-blikkie uit die bruin sakkie gehaal word.

En dan die sentimente wat uit Frank se mond soos stroop gekwyl het elke keer wanneer hy oor sy “honne” praat. Dit was net dertien uit ‘n dosyn keer te veel binne dié bloedarmoedige teks.

Nee wat, julle weet julle kan baie beter. As die muse nie saamspeel nie, kruip liewer tydelik weg en kom met nuwe ywer met ‘n nuwe, oorspronklike stuk vorendag. Tot dan, lekker skryf en may the force be with you!

Groete

Paul

Back to top button