FeaturesInnibos NuusLifestyle

Sy stories sus jou nié aan die slaap

Andries se grappe strek wyd en syd - van prokureurpere tot aaptwakkies - en as dit na 'n vreemde konsep klink - doen jouself die guns en gaan kyk gerus na sy vertoning.

Een ding is seker – aan veelsydigheid skiet Andries Vermeulen nie te kort nie. En of hy nou agter die mikrofoon inskuif om feesgangers met ‘n grap te trakteer en of hy sy lyf sanger hou, dié Sandveld/Weskus-storieverteller en sanger het die gehoor gaande.

Innibossers het Donderdag-middag nuuskierig in die Mhoba Rum Boma-kuierteater saamgedrom om te luister na ‘n versameling van sy skreeusnaakse stories.

En soos verwag is Andries nie net met ‘n uit-die-maag-uit-lag in die Laeveld verwelkom nie, maar hier en daar ook met ‘n giggel van ‘n tannie wat bloos. Waarskynlik ‘n Potgieter.

Andries se grappe strek wyd en syd – van prokureurpere tot aaptwakkies – en as dit na ‘n vreemde konsep klink – doen jouself die guns en gaan kyk gerus na sy vertoning Ko lag ‘n bietjie” – ‘n versameling van sy beste nóg.

Met dié album voeg Andries ook ‘n Ghoema-toekenning vir die beste humor-album van die jaar by sy naam. Hy is onder andere ook benoem vir ‘n Sama, twee Huisgenoot Tempo-toekennings asook beste Fiësta-aanbieder, om maar net ‘n paar te noem.

Suid-Afrikaners kan Andries ook eersdaag op die kassie te siene kry waar hy die baadjie as aanbieder van die splinternuwe storieverteller-program OppieStoep gaan aantrek.

Dié program skop vandag op kykNET af en beloof om top-storievertel vermaak op te dis. Moet dit nie mis nie.

Back to top button