Moenie vanaand se Huisgenoot Afskopkonsert misloop nie

Hier is alles wat jy moet weet van vanaand se konsert.

Die fees skop vandag om 18:00 amptelik met een enorme partytjie op die Standard Bank-verhoog af. Wie kan, en wie wil ‘n vertoning deur Elvis Blue, Dewald Wasserfall, Kurt Darren, Nicholis Louw, ADAM, Joseph Clark, BlackByrd, Arno Jordaan, MoniQue en Ampie misloop?

Saam met dié opwinding, word daar fees gevier saam met Huisgenoot, wat na 100 jaar steeds weekliks as’t ware in ‘n bloedjonge gewaad op die rakke pryk met die nuutste nuus.

“Kyk, ons praat nie hier van ‘n gewone afskopkonsert nie,” sê Barry Pretorius van Globe United Media en vervaardiger van hierdie vertoning. “Dit gaan omtrent lyk soos die opening van die Olimpiese Spele – want ons gaan groot, baie groot.”

Nie net gaan SA se gunstelingkunstenaars die feesterrein op horings neem nie, maar talle leerders van plaaslike skole is ook ingespan om tydens dié vertoning die kollig te laat val op die uitbeelding van die grootste stories wat deur die jare in Huisgenoot verskyn het.

“Soos die meeste van ons het ek met Huisgenoot grootgeword. Vandat ek kan onthou was dit elke week daar, in die huis, en dan lees ons en praat oor alles wat gelees is. So, watter lekkerder manier om die tydskrif se groot verjaarsdag te vier deur ‘n propperse partytjie te reël? Dit is ‘n hengse voorreg!” sê Pretorius.

Wees vandag, 29 Junie, om 18:00 by die Innibos-feesterrein.

Die toegang is gratis (ingesluit by daaglikse hektoegang).

Hektoegang: Volwassenes R100. Voor- en laerskoolkinders: gratis. Senior burgers: R50

Goue sirkel: R75 per persoon (alle ouderdomme). Navrae: 013-741-5294.

Die volledige program is by www.innibos.co.za beskikbaar of kliek hier

 

Exit mobile version