FeaturesInnibos NuusLifestyle

Hop op een van die feesbussies vir kommervry rits en rondkuier

Parkering en verkeersknope rondom die feesterrein is dikwels 'n tameletjie vir feesgangers, maar die gerieflike Innibos Stop-en-Hop-diens (Park and Ride) bied beslis 'n welkome uitkoms.

Hierdie diens sal vanjaar wéér by I’langa Mall en Emnotweni beskikbaar wees. Feesgangers kan gratis by hierdie optelpunte parkeer vanwaar daar elke 30 minute ‘n bus na die feesterrein sal vertrek.

Volg die rigtingbordjies wat by die optelpunte aangebring is. Feesgangers word naby Hek 1 van die feesterrein op- en afgelaai.

Daar is natuurlik ook elke halfuur ‘n bus beskikbaar om feesgangers van die feesterrein af terug te neem na hulle voertuie, en saans ná die Standard Bank-verhoogkonsert is daar ook busse beskikbaar sodat niemand lank hoef te wag nie.

Die Innibos Stop-en-Hop was die afgelope paar jaar ‘n reusesukses en feesgangers kan gerus van hierdie gratis diens gebruik maak. Vanjaar wag daar boonop hope verrassings vir Stop-en-Hop-pendelaars.

Jou Innibos feeservaring begin sommer daar – moenie hierdie ekstra bederfies misloop nie. Links is Méshack Khumalo in sy bussie gereed om feesgangers te vervoer.

Back to top button