Editor's note

Editor’s column

Vir diegene van ons wat familie en vriende gedurende die Paastydperk by ons kon hê, wat ‘n wonderlike geleentheid! En nog groter is die dankbaarheid dat, ten spyte van die verhoogde verkeer, daar geen ernstige ongelukke hier in ons omgewing was nie. Maar dis met hartseer dat ons Maandag moes verneem van Piet du Plooy …

Vir diegene van ons wat familie en vriende gedurende die Paastydperk by ons kon hê, wat ‘n wonderlike geleentheid! En nog groter is die dankbaarheid dat, ten spyte van die verhoogde verkeer, daar geen ernstige ongelukke hier in ons omgewing was nie.

Maar dis met hartseer dat ons Maandag moes verneem van Piet du Plooy van Komatipoort se skielike afsterwe. Aan sy familie en geliefdes, alle simpatie. Piet, ‘n oudmoord- en roofspeurder (hierdie manne was legends), was slegs 57 jaar oud.

The Marloth Park market was a wonderful affair and the Joburg visitors loved every moment!

What a wonderful place the park is to to live in. At The Deck Restaurant on Monday night, a large herd of elephant came as close as touching distance to the deck.

The rhino were calling their goodbyes to the visitors and waterbuck were seen in abundance. One of the guests at Rio Vista even saw a lioness just two kilometres from where people were having dinner. After a month in the Onderberg, I still have to pinch myself that all this is really happening to me. Very soon, my family from the big city will also move down to our beautiful Corridor.

The Miss Deaf Africa event, which culminates in an international pageant overseas, will be hosted at the Buffalo Hotel in Hectorspruit next month. Well done, Francois and the team, for turning this oldest hotel in the region back to its former splendour.

Saam met die goeie is daar egter ook onwelkome nuus.

Die Nkomazi Munisipaliteit het so pas aangekondig dat alle munisipale tariewe met 12% in die nuwe finansiële jaar, verhoog gaan word. Indien die Krokodilrivier se watervlak so laag bly en Eskom laat ons in duisternis, sal ons die seëninge wat ons het, moet tel en partymaal sal dit seker ook maar moeilik gaan. Soos iemand nou die dag opmerk: “Dis net in Afrika waar ‘n mens met so min geld, so baie het om histeries oor te lag…”

Groetnis tot volgende week en laat die nuus kom, ons hoor graag van ons lesers.

Ed

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button