Moenie dink nie, doen net!

Dit was die leuse waarvolgens Jacques Rynhard geleef het. Maar skynbaar het hy dié leuse te ver gevoer toe hy nie opdaag om ʼn letterkundeprys te ontvang nie.

“Moenie dink nie, doen net!” was die leuse waarvolgens Jacques Rynhard geleef het. Maar skynbaar het hy dié leuse te ver gevoer toe hy nie opdaag om ʼn letterkundeprys te ontvang nie.

In die gehoor sit Carina Human, ʼn joernalis by ‘n skindertydskrif wat die opdrag het om soveel skandale moontlik oor hom oop te krap. Skandale is daar wel, maar ook veel meer. En gou ontdek sy dat selfs sy dalk nie die waarheid oor Jacques sal kan hanteer nie.

Leon van Nierop se Ballade vir ‘n enkeling is nou in ‘n nuwe, byderwetse en meer skokkende gedaante as ooit tevore.

Kry ‘n voorsmakie daarvan hieronder.

Rolverdeling

Sterre: Armand Aucamp, Jacques Bessenger, DonnaLee Roberts en Zak Hendrikz

Musiek: Benjamin Willem

Skrywer: Leon van Nierop

Regisseur:  Quinton Krog

Genre: Raaiselverhaal

Ouderdomsbeperking: 16 vir taal en geweld

Tans te siene by Movies@Emnotweni

Volg gerus die hutsmerk op Twitter: #MoenieDinkNieDoenNet

 

 

Exit mobile version