HealthLifestyle

Sit vir ‘n rukkie in die son – dis goed vir jou

'n Verantwoordelike mate van blootstelling aan sonlig het sy voordele

MBOMBELA – ‘n Paar minute se sonlig hou baie voordele vir die mens se liggaam in.

Die Laeveldson het sy terugkeer aangekondig en die lente skuif amper opsy vir die somerseisoen.

Op ‘n naweek soos hierdie sal dit ‘n uitstekende idee wees om ‘n glas koeldrank in die sonlig te geniet.

Die son se ultravioletstrale is verantwoordelik vir die sintese van vitamien D in ons liggame.  Vitamien D dra by tot sterker bene en tande en versterk ook die immuunstelsel.  September is byna in sy helfte, wat beteken dat die skole en universiteite se eindeksamens nader kruip.  Daarom ‘n ‘n sterk immuunstelsel, veral vir hierdie tyd van die jaar, baie belangrik.

‘n Sonstraal of twee het ook ‘n positiewe uitweking op ‘n mens se gemoed.

Wees wel op jou hoede – verlengde blootstelling aan die son se UV-strale kan sonsteek, dehidrasie en velkanker tot gevolg hê.  Beperk dus jou sonsessies tot 15 minute per dag.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button