EntertainmentLifestyleReviews

Dié album het alles wat musiekliefhebbers soek

Die dubbelalbum is ideaal vir enige ywerige musiekaanhanger wat gewoonlik vir ure op die radio saam met die nuutste treffer van Katy Perry, Avicii of Karlien van Jaarsveld sing.

Elke jaar word saamgestelde albums uitgereik wat die nuutste trefferliedjies bevat. Groot Tunes Vol.1 is een van hierdie albums, maar onderskei homself van sy mededingers met ‘n breë verskeidenheid liedjies wat ‘n wye luisteraarsgroep sal betrek.

Die CD het iets vir almal en wissel goed tussen plaaslike Afrikaanse talent en die meer beroemde internasionale treffers. Die dubbelalbum is ideaal vir enige ywerige musiekaanhanger wat gewoonlik vir ure op die radio saam met die nuutste treffer van Katy Perry, Avicii of Karlien van Jaarsveld sing.

Die dubbelalbum bevat twee CD’s met 40 groot treffers van die afgelope paar jaar. Avicii se “Wake me Up” en Katy Perry se “Roar” is ouer gunstelinge wat goed meng met nuwe treffers soos Ampie se “Niks en Niemand”.

Daar is ook ‘n goeie balans van manlike en vroulike kunstenaars. Die treffers is goed versprei met die snitte wat mooi op mekaar volg. Die kopskud- en danstreffers van Eden en Selena Gomez word goed deur die rustiger en dieper snitte van Corlea Botha en Elvis Blue ondersteun. Daar is ook ‘n paar Christelike kunstenaars, soos Joe Niemand, wat op die album verskyn om ‘n tikkie geestelikheid by die musikale mengsel te voeg.

Groot Tunes is ‘n album wat elke musiekliefhebber moet besit.

Back to top button