Staan ‘n kans om dié album te wen

Aanhangers kan daarna uitsien om vir 'n oomblik weg gevoer te word na 'n droomwêreld.

Die langverwagte nuwe album van Riana Nel, Die Regte Tyd, is op die rakke en dit is beslis nou die regte tyd om te koop. Riana is een van ons land se mees talentvolle vrouekunstenaars en sy bewys dit net weer op hierdie album.

Sy verras aanhangers met vier Engelse liedjies en ook, natuurlik haar werke wat handel oor die liefde, die lewe en romanse. Al die treffers is uit Riana se eie pen.

“Tweede kans” is die tweede snit op die album en word gereeld oor die radio gespeel. Die album het binne slegs 10 dae goue status bereik met meer as 20 000 verkope. Aanhangers kan daarna uitsien om vir ‘n oomblik weg gevoer te word na ‘n droomwêreld.

‘n Gelukkige Riana Nel aanhanger kan nie net haar nuutste album wen nie, maar ‘n handige nota boek ook as hulle die volgende vraag kan antwoord: Wat het Riana Nel en Juanita du Plesis in gemeen?

Kompetisie sluit Woensdag 23 Julie. Lees Termes&Voorwaardes hier

Exit mobile version