EntertainmentLifestyleReviews

Karlien dien ‘n uitklophou vir Afrikaanse musiek industrie

Die album het reeds goue status in verkope bereik binne die eerste twee weke nadat dit uitgereik is.

MBOMBELA – Karlien van Jaarsveld se nuutste album, Uitklophou, is beskikbaar en dit is beslis die moeite werd om na te luister. Die album het reeds goue status in verkope bereik binne die eerste twee weke nadat dit uitgereik is.

Aanhangers kan na treffers soos “Toe ons jonk was” uitsien wat sy saam met haar broer, Bobby, sing en “Hande” wat gereeld op die radio gehoor word. Weereens het sy bewys dat sy een van die land se topkunstenaars is. Met liedjies uit die pen van Karlien self, asook Johan Vorster en Christoph Kotze, kan aanhangers verder uitsien na ‘n duet saam met die 2013 Eurovision liedjie en titel van die album, Uitklophou saam met EDEN.

Back to top button