Nellies pak Puk-reeks met mening

Hoërskool Nelspruit het op 8 en 9 Maart die 2024 NWU Skoleliga op ’n algemene positiewe noot teen Hoërskool Middelburg afgeskop.

Die Nellies is Middelburg toe vir hul eerste wedstryde van die 2024 NWU Skoleliga, waar hulle teen Hoërskool Middelburg meegeding het.

Die hokkieseuns het Vrydagmiddag 8 Maart gespeel. Die o. 16A-span het met 2-0 gewen, die o. 16B’s met 2-1 en die tweede span met 3-2.

Die o. 14A-span kon geen doele aanteken nie, en die wedstryd het gelykop 0-0 geëindig. Die Eagles kon ook nie ’n doel aanteken nie en het met 1-0 verloor, terwyl die o. 14B’s met 2-0 verloor het.

Saterdag 9 Maart was die netbal-, rugby- en hokkiedogters almal in aksie. Die ondersteuners was gelukkig genoeg om sommige van die wedstryde op SuperSport Skole te kon volg.

NHS-speler Theuns Meyer (middel, wit) klou hard aan sy opponent vas. > Foto’s: Sjani Campher

Daar was naelbytaksie op die rugbyveld terwyl die spanne sake tot op die laaste minuut van die wedstryde uitgespook het. NHS het nege uit die 13 wedstryde gewen.

Intussen het die netbaldogters ’n ewe opwindende dag op die bane gehad. Dit was ’n 50-50 met die uitslae, waar NHS se B- en C-spanne ’n bietjie gesukkel het. Die eerste span het ’n indrukwekkende 41-27-oorwinning behaal.

Die hokkiedogters het ’n moeilike dag op die Astro gehad en moes terugkeer met geen wen nie. Hulle sal hierdie week hard moet werk voor die wedstryde teen Oos-Moot in Pretoria hierdie komende naweek.

Die volledige uitslae (Nellies se tellings tweede):

Netbal
• 1stes: 27-41
• 2des: 17-23
• 17A: 15-17
• 17B: 7-9
• 16A: 9-20
• 16B: 16-17
• 16C: 3-25
• 15A: 10-21
• 15B: 8-14
• 15C: 8-9
• 15D: 7-12
• 14A: 29-10
• 14B: 13-14
• 14C: 14-15
• 14D: 3-21

Rugby
• 1stes: 26-32
• 2des: 12-13
• 3des: 0-17
• 4des: 14-42
• 16A: 5-7
• 16B: 5-12
• 16C: 17-20
• 15A: 23-6
• 15B: 32-0
• 15C: 17-0
• 14A: 17-7
• 14B: 5-21
• 14C: 5-46

Hokkie
Dogters:

• 1stes: 3-0
• 2des: 0-0
• 16A: 2-0
• 16B: 2-1
• 15A: 2-1
• 15B: 3-0
• 14A: 1-0
• 14B: 1-0
Seuns:
• 1stes: 1-0
• 2des: 2-3
• 16A: 0-2
• 16B: 1-2
• 14A: 0-0
• 14B: 0-2.

Exit mobile version