Nolwazi, Ashaan is juniors se goues

Hoërskool Rob Ferreira se Ashaan Sebastian Greaver het die kollig by vanjaar se Mediclinic Nelspruit Interhoër vierkantig op hom gevestig toe die victor ludorum-trofee vir die derde agtereenvolgende jaar aan hom toegeken is.

Hy het in 2015 en 2016 by die interlaer-byeenkoms ook met dié spogtrofee weggestap.

Ashaan Sebastian Greaver by CArli KOch

Sien ook: Rob Ferreira in aksie – Interhoër 2017

Dit was egter sy afstand van 6,09m in die verspringput wat hom 1 131 ABSA-punte in die sak gebring het – die hoogste punte-telling deur ‘n atleet by dié geleentheid.

Lees ook: Jacques, Ashaan is nou die twee om dop te hou

Die huidige Suid-Afrikaanse Skole-driesprongkampioen van Lowveld High, Nolwazi Mashaba (o/15), het op haar afstand in dié item van 11,05m verbeter toe sy Saterdag op die gasheerskool, Hoërskool Barberton se sportvelde ‘n 11,53m agter haar naam geskryf het.

Wat die prestasie só besonder maak, is dat Nolwazi saam met die o/19-dogters deelgeneem en stof in hulle oë geskop het toe sy ‘n eerste plek behaal het.

Sy kon net-net nie die 1984-verspring-rekord verbeter nie, maar spog steeds met ‘n wensprong van 5,33m. Haar naam is op die junior victrix ludorum-trofee se plaatjie gegraveer.

Sien ook: Lowveld High in aksie – Interhoër 2017

Die senior victor en victrix ludorum-trofeë staan vanjaar in Hoërskool Nelspruit se spogkas.

Devon Nell (o/16) het alle verwagtinge met sy twee eerste plekke in onderskeidelik die 400m- en 110m-hekkies oortref. Sy tyd van 56,96 het hom 837 ABSA-punte in die sak gebring.

Die o/19-spoedvraat, Nerina Visser het sedert die Randburg-byeenkoms op haar tyd van 13,07 in die 100m verbeter. Sy het Saterdag in ‘n blitsige tyd van 12,74 oor die wenstreep genael.

Sy het nog drie eerste plekke in onderskeidelik die 100m- en 400m-hekkies asook die 400m behaal.

 

NHS het hulle 52ste agtereenvolgende oorwinning behaal. Die seuns se wentotaal van 586 punte is gevolg deur Rob Ferreira (475), Lydenburg (302), Lowveld High (253), Bergvlam (246), Penryn College (183) en Barberton, slegs een punt agter Penryn (182).

Onder die dogters was NHS (608) veels te sterk vir Rob (368), met Lydenburg (334) in die derde plek. Hulle is gevolg deur Bergvlam (213), Penryn College (211), Lowveld High (174) en Barberton (165).

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version