FeaturesInterhigh 2016: NewsLifestyleSchool sportSport

Rob se atlete verpletter meer as 25 rekords

Rob het gasheer vir Curro Nelspruit, Penryn, Uplands, Middelburg, Bergvlam en Merensky gespeel met Rob wat nie minder nie as 27 rekords verpletter het.

Hoërskool Rob Ferreira se steratleet, Ashaan Sebastian Greaver het Vrydag by die LJ Prokureurs-byeenkoms, ‘n nuwe persoonlike beste afstand in die verspringput asook ‘n nuwe tyd in die 100m agter sy naam geskryf.

Die 14-jarige het 6,10m in Januarie by die Sasol Ope-kampioenskappe gespring, en Vrydag op sy afstand verbeter toe hy die maatband op 6,15m laat lees het.

Ashaan het die 100m in 11,69sek kafgedraf.

Met die oog op die Mediclinic Interhoër wat op Saterdag 18 Februarie op Hoërskool Barberton se sportgronde plaasvind, is Ashaan van ‘n hele paar medaljes verseker.

IMG_0701 (Medium)

Verlede jaar se tyd in die 100m was 11,82sek wat deur Hoërskool Nelspruit se Lourens Potgieter gehardloop is en Rob se Thapelo Nkuna het in 2016 met ‘n afstand van 5,79m in die verspring goud gewen.

Ashaan is as die junior victor ludorum aangewys, terwyl Nkosana Mpinga (o/16) as die senior victor ludorum gekroon is.

Lees ook: Rob se Ashaan is die topatleet op NHS

Nkosana het vir sy rekordtyd in die 100m van 11,09sek die meeste punte op die ABSA-punteleer, van 1 044 ingelees.

Hy het ‘n 10 jaar oue rekord van 22,50sek in die 200m in 22,20sek behaal.

IMG_0772 (Medium)

“Die paviljoen was met meer as 3 000 toeskouers gepak en Rob se atlete het puik presteer. Sommige rekords bestaan van so vroeg as 2001 af en ons as afrigters is trots op die atlete wat die boeke herskryf het,” het die atletiekorganiseerder van Rob, Stefan van der Merwe gesê.

Junior Monlane (o/14) het ook ‘n bydrae tot Rob se suksesverhaal gelewer toe hy rekords in die verspring (5,88m), 100m (11,87sek) én 200m (24,70sek) agter sy naam geskryf het.

Die ASA-kampioen in die 800m van Rob Ferreira, Amos Khoza (o/16) het weereens sy staal in die langafstande gewys met ‘n nuwe tyd van 1:59,75 in die 800m, en die 200m in ‘n blitsvinnige tyd van 51,94sek voltooi. Goue seun van Rob, Tulani Lukuleni se tye in die 3 000m van 08:50,52 en in die 800m van 01:59,65 is ook in die boeke opgeteken.

Lees ook: Marais, Banda en Khoza goud werk

Hoërskool Bergvlam se Temilton Njabula (o/16) en Braam van der Merwe (o/17) het óók uithalervertonings gelewer. Vlammies het 18 eerste, 15 tweede plekke en nege bronsmedaljes ingepalm.

Braam wat tydens Bergvlam se interhuisatletiekbyeenkoms ‘n 38 jaar oue rekord in die 3 000m verbeter het, het Vrydag ‘n 09:30,18 gehardloop. Sy persoonlike beste tyd in hierdie item is 09:22,9. Temilton het met ‘n afstand van 6,06, (die vorige rekord van 6,60m is verlede jaar deur Kabelo Thaledi opgestel), ‘n eerste plek verower.

IMG_0670 (Medium)

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button