Vlammies se Braam stel 38 jaar oue rekord op

Soos sake nou ontwikkel, durf die Laeveld-gemeenskap nie vanjaar se Mediclinic Nelspruit Interhoër misloop nie.

In die aanloop tot dié byeenkoms is talle rekords reeds verbeter. Een van hulle is die 38 jaar oue 09:35,00 in die 3 000m. Braam van der Merwe (o/17) het dit by Hoërskool Bergvlam se interhuisbyeenkoms gemaklik met sy 09:22,9 verpletter.

Hy het met die victor ludorum-trofee vir o/17-seuns weggestap en is ook vir sy rekord in die 3 000m vir die beste prestasie van die dag benoem.

Lees ook: Rekords waai tydens die Vlammies-interhuisatletiek

Vlammies se spoedvraat, Edrik Potgieter (o/15) het nes sy span-maat, ‘n 30 jaar oue rekord in die 100m van 12,0 sekondes laat spat.

Sy nuwe tyd van 11,96 sekondes staan nou in die boeke geskryf.

Die lang en lenige Jesse Kinnear het gepoog om ‘n rekord van 1,86m in hoogspring te verbeter.

Hy het met sy tweede sprong, die lat net-net met sy kuit afgestamp, maar is ‘n aanspraakmaker vir ‘n goue medalje by die interhoër wat 18 Februarie by Hoërskool Barberton plaasvind.

Lees ook: Vlammies set track and field alight at interhigh

Die o/19 victor-trofee is aan Brandon Payne toegeken vir ‘n rekordtyd in die 200m van 22,61 sekondes.

Victor en victrix ludorum
O/14
Victor – Wynand Kruger
Victrix – Chiné Maritz

O/15
Victor – Zwinde Nxumalo
Victrix – Sumari van Staden

O/16
Victor – Temilton Njabula
Victrix – Phila Mashaba

O/17
Victor – Braam Van der Merwe
Victrix – Leandri Steyn

O/19
Victor – Brandon Payne
Victrix – Jacqueline Keck.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version