FeaturesInterhigh 2016: NewsLifestyleSchool sportSport

Rob, LHS se atlete maak stem vroeg in seisoen dik

Die Sasol Ope-kampioenskappe trofee staan vir die tweede agtereenvolgende jaar in Hoërskool Rob Ferreira se voorportaal.

Robbie se atlete het altesaam 72 medaljes verower waarvan 25 goue, 17 silwer- en 30 bronsmedaljes was.

Rob se drietal by seuns o/14, Ashaan Sebastian Greaver, Junior Mondlane en Daryl Green het met goud, silwer en brons in die verspring, 100- en 200-meter gespog.

Ashaan het eerste plekke in dié items verower, Junior drie tweede plekke en Daryl drie derde plekke.

Markus Klopper.
Markus Klopper.

‘n Groot aanwins vir Rob, Ashaan het tydens die interhuis drie nuwe rekords in verspring (5,80), 100-meterhekkies (15,05) en die 200-meter (24,37) opgestel. Sy persoonlike beste afstand in die verspringput, was 5,81m wat hy tydens verlede jaar se interlaer opgestel het.

Lees ook: Spoedvraat verras sy pa met sy spesiale talent

Saterdag het hy die toeskouers in Secunda op die punte van hul stoele gehad, met ‘n spogsprong van 6,10m.

Die 100-meterhekkies is in 2016 in 16,04 voltooi. Ashaan het die tyd op die stophorlosie met amper ‘n minuut afgeknip.

Ashaan het in Secunda op sy tyd in die 100-meterhekkies na 14,39 sekondes verbeter.

Junior spog met ‘n tweede plek in die 400m terwyl Daryl dié wedloop in ‘n belowende tyd van 58,23 sekondes kafgedraf het.

Die ASA-kampioen in die 800m van Rob Ferreira, Amos Khoza (o/16), wat drie nuwe rekords by die onlangse JJJ-atletiekbyeenkoms verpletter het, het met drie goue medaljes in Secunda in die 200-, 400- en 800m gespog.

Tulani Lekhuleni se drie eerste plekke vir seuns o/19, was in die 800m (1:59,03), die 1500m (4:10,43) en die 3000m in ‘n blitsvinnige tyd van 9:01,71, opgestel. Sy mikpunt is om op Paul Ascani (Rob Ferreira) se historiese interhoërrekord van 1999 van 08:57 te verbeter.

Ancia Roux en Serisma Loots.
Ancia Roux en Serisma Loots.

“Die Robbies sien na ‘n goeie atletiekseisoen uit. Ons hoop om met elke byeenkoms te verbeter ter voorbereiding vir die interhoër- en Laeveldprestigebyeenkomste, wat deur Hoërskool Barberton aangebied word,” het die atletiekorganiseerder van Rob, Stefan van der Merwe gesê.

Lowveld High School het 28 verteenwoordigers in Secunda gehad. LHS se spoedvraat, Norbert Ponisammy het sy wenkultuur in die 100- en 200m, asook die verspringput voortgesit.

Nhlakanipho Malungisa het ook met goud in die 100m en driesprong teruggekeer Laeveld toe. Nolwazi Mashaba (verspring en driesprong), Gugu Lukhuleni (diskus), Frank Muwayi (driesprong), Gugu Nkambule (verspring) en Banele Muwayi het ook eerste plekke in hulle onderskeie items behaal.

Lees ook: LHS boasts with several medals at athletics meeting

Hoërskool Nelspruit speel Saterdag gasheer vir ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkomste waar Pretoria se topatletiekskool, Affies se seuns en dogters, Ben Vorster, asook hoërskole Lydenburg en Rob in aksie gaan wees.

Die nuwe rekords is tydens Rob se interhuis opgestel
• Seuns o/14 verspring – Ashaan Sebastian (5,80)
• Seuns o/17 gewigstoot – Reinhardt Venter (14,35)
• Seuns o/19 gewigstoot – Stefan Krieg (12,78)
• Seuns o/14 100-meterhekkies – Ashaan Sebastian (15,05)
• Seuns o/14 100-meterhekkies – Thabiso Matheba (15,49)
• Seuns o/15 100-meterhekkies – Markus Klopper (14,94)
• Dogters o/17 100-meter – Tanya Mashego (13,11)
• Seuns o/14 100-meter – Junior Mondlane (11,96)
• Seuns o/16 100-meter – Nkosana Mpinga (11,20)
• Seuns o/14 200-meter – Ashaan Sebastian (24,37)
• Seuns o/16 200-meter – Nkosana Mapinga (22,96)
• Seuns o/16 400-meter – Amos Kohza (52,20)
• Seuns o/14 hoogspring – Thebiso Mateba (1,58)
• Seuns o/14 verspring – Junior Mondlane (5,94).

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button