Nartjiefees neem Ohrigstad op horings

Ohrigstad-vallei speel gasheer vir bergfietswedren- en roetedraf.

Die Ohrigstad-vallei is nartjiewêreld. Daarom was dit gepas om die bergfietswedren- en roetedraf Die Nartjie te doop. Dit het op Saterdag 22 Oktober by Laerskool Ohrigstad plaasgevind.

Een van die organiseerders, Elizma Steyn, het gesê die byeenkoms was ‘n spanpoging. Die terugvoer van deelnemers was dat hulle vir seker weer Die Nartjie sal aandurf.

Lees ook : Boogskiet ‘n reuse sukses vir skuts van Lydenburg

Die manswenner van die 70 km-bergfietswedren was Derek Ackerman en die vrouewenner was Liandra Knoetze. Die 25 km se manswenner was Seth Watts en Johané Swanepoel was die vrouewenner. Eldine Buitendach was eerste in die 10 km en Karlien van Heerden eerste in die 5 km-bergfietswedren. Die wenner van die 10 km-roetedraf was Reuben Blignaut en die 5 km was Ayden Koen. Elzanne Kuun het die 10 km-roetedraf gewen. Geen mans het deelgeneem  in die 10 km-roetedraf nie. In die 5 km-roetedraf was Janna Bylsma die vrouewenner en Phillip Hennop die manswenner.

Laerskool Ohrigstad bedank Talisman Hire Tubatse, Bridgestone, Bylsma Handcrafted Pens, Omnia, Herbalife, Longtom Cycle, First Step Insurance Brokers, Agri Technovation en Marx Boerdery, wat die dag moontlik gemaak het. Dankie aan Ansie Bylsma vir die fotobydrae.

Exit mobile version