Local sport

Boogskiet ‘n reuse sukses vir skuts van Lydenburg

Nasionale Boogskietkampioenskappe lewer wenners op.

Terug van die Nasionale Boogskietkampioenskappe, kan die skuts van Lydenburg hulself op die skouer klop.

Meer as 900 skuts het aan dié kompetisie wat vanaf Woensdag tot Vrydag 5 tot 7 Oktober in die Paarl plaasgevind het, deelgeneem. Lydenburg se span het uit 16 lede van Hoërskool Lydenburg, asook Kyle Riley van Laerskool Lydenburg en vier volwassenes, Bianca Knox, Lobke Riley, Hannie Hanekom en Schalk van Greunen, bestaan.

Volgens die boogskietklub se spanbestuurder, Hannie Hanekom, is dit die eerste keer dat Hoërskool Lydenburg vanjaar so ‘n klub het. Dit word deur afrigter Bianca Knox gelei.  Op dag een het die skuts individueel deelgeneem, op dag twee as skool aan die 3D en op dag drie het hulle teiken geskiet.

Die volgende leerders het hul persoonlike beste punte verbeter: Mieke Grobler, Etienne Grobler, Shaun Obrehem, Brendan Hattingh, GJ Maritz en Megan Marx. Mieke (gr. 11) het ‘n tweede plek verwerf.

Hoërskool Lydenburg was die enigste skool in Mpumalanga wat genooi is om ‘n vol span te stuur. Dit het bestaan uit Mieke Grobler, Jolene Prinsloo, Miané Hanekom, Lee-Ann van der Walt, Dian Louw, Hanko Louw, Dylan Fourie, Johan Greeff, Bailley Botha-Joubert, Andries Byleveldt, Etienne Grobler, Brendan Hattingh, GJ Maritz en Megan Marx.

Agter: Mianè Hanekom, Mieke Grobler, Etienne Grobler, Johan Greeff. Voor: Bailley Botha-Joubert, Andries Byleveldt, Kyle Riley en Dylan Fourie.
Agter: Shaun Oberem, GJ Maritz, Brendan Hattingh, Hanko Louw, Dian Louw. Voor: Jolene Prinsloo, Melissa van Greunen,Megan Marx, Lee-ann van der Walt. Alle foto’s verskaf.
Lees ook: Oorlede baba MJ se tweede verjaardag by Rob Ferreira Hospitaal gevier

Back to top button