Local sportSport

Witrivier-karatekas skitter by SA kampioenskappe

Die drie Witrivier-vroue het gedurende die nasionale kampioenskappe die dorp en streek se naam hoog gehou.

Drie karatekas van die Witrivier Kimura Shukokai Karate Dojo het onlangs hul staal by die Kimura Shukokai Nasionale Kampioenskappe in Kempton Park gewys.

Dié kompetisie het op 29 Maart plaasgevind en sensei Babsie Roos, Surika Dierks en Miandi Dierks het teen 300 ander karatekas van regoor die land meegeding. Daar was selfs deelnemers van Mosambiek en Zimbabwe af.

Surika het ‘n brons medalje vir kata in haar afdeling ontvang, terwyl Miandi ‘n silwer medalje vir kata in haar afdeling gekry het.

Roos het gesorg dat sy met ‘n brons vir kumite, silwer vir die span-kumite en ‘n goue medalje vir haar kata wegstap. Sy het saam met Tania Lopes (van eMalahleni) en Nalita Gouveia (van Mokopane) aan die span-kumite deelgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Check Also
Close
Back to top button