Hoërskool Nelspruit sluit seisoen se wintersport op hoogtepunt af

Al Nellies se rugbyspanne het gewen.

Hoërskool Nelspruit se rugby- en dogtershokkiespanne het Donderdag 9 Junie teen Hoërskool Middelburg te staan gekom.

Dit was die laaste tuisligawedstryde wat hierdie spanne gespeel het.

Ná die skoolvakansie sal hierdie spanne teen Rustenburg, Ben Vorster en Transvalia te staan kom.

Die toeskouers het ook baie goeie rugby gesien, vanaf o. 14- tot op eerstespanvlak.

Dit is ook die eerste keer hierdie seisoen dat nie een NHS-rugbyspan ‘n wedstryd verloor het nie.

Die derde span, die Wolwe soos hulle bekendstaan, en die o. 14B-span het geen punte teen hulle laat aanteken nie.

Die eerste span het geweet dat daar ‘n harde wedstryd voorlê en dat die uiteindelike wenner die span sal wees wat die minste foute begaan.

NHS het met goeie verdediging die opponente onder baie druk geplaas, wat op hulle beurt net meer foute gemaak het en uitendelik geen meer punte op die telbord kon plaas nie.

Rugbyuitslae:
• O. 14A wen 33-12
• O. 14B wen 50-0
• O. 15A gelykop 10-10
• O. 15B wen 27-5
• O. 16A wen 17-7
• O. 16B wen 22-10
• 3des wen 70-0
• 2des wen 46-5
• 1stes wen 28-5.

Misty Reingruber, NHS se hokkiespesialis, sê dat die hokkiedogters se eerste span ‘n aanvallende wedstryd gespeel het.

Die Black Sticks het in die eerste helfte reeds twee doele aangeteken en het tot aan die einde van die wedstryd nie die opponente enige kans gegee om ‘n doel aan te teken nie.

Hokkieuitslae:
• O. 14A verloor 1-2
• O. 15A wen 1-0
• O. 16A verloor 0-1
• 2des wen 2-1
• 1stes wen 2-0.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version