Rooikatte uitgedos vir nuwe seisoen

Die Rooikat Rugbyklub het op Donderdag 21 April nuwe klere aan hul eerste en tweede spanne by die klub oorhandig.

Elke speler het ’n rugsak, ’n nuwe wedstrydhemp, kortbroek en pet van McGee Ford Lydenburg ontvang.

“Dankie aan McGee Ford Lydenburg wat ons span weer die geleentheid gee om netjies tydens wedstryde te lyk. Verwag groot dinge van die Rooikatte met die Laeveld Rugbyliga hierdie jaar! Ek weet julle manne gaan alles gee,” het die klubvoorsitter, Flip Hennop, tydens die oorhandiging gesê.

Lees ook: Met 58-5 reken Rooikatte met Nelspruit af

 

Die tweede span.
Die eerste span.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version