Met 58-5 reken Rooikatte met Nelspruit af

'n Titaniese stryd was dit gewis toe die Rooikat Rugbyklub se eerste span Saterdag vir Nelspruit Rugbyklub van Mbombela 'n loesing gegee het wat hulle nie gou sal vergeet nie.

Die rugbywedstryd op Rooikatpark, Lydenburg, was net vriendskaplik, aangesien die amptelike Laeveldliga eers op Saterdag 7 Mei in Malalane afskop.
Die finale telling tussen die eerste spanne was 58-5 in die guns van die Rooikatte.

Vir die eerste span was die manne van die wedstryd Hilton Boshoff (voorspeler) en Jason Oosthuizen (agterspeler). Drie drieë is deur beide Boshoff en Oosthuisen gedruk. Die spelers Johan Voster, Christiaan Labuschagne en Neil Kemp het elk een drie aangeteken.

Lees ook: Wenakker-inwoners bederf by ontspanningsoord

Nelspruit se tweede span het beter daarvan afgekom en die twee spanne het met 14 punte elk gelykop gespeel.
Vir die Rooikatte se tweede span het Clinton Sibanyoni twee drieë gedruk, Mishan Flank het albei sy skoppe verdoel, en die manne van die wedstryd was Lawrence Ngwenya (voorspeler) en Sibanyoni (agterspeler).

Hilton Boshoff en Jason Oosthuizen wat die bal skop. Foto: Michelle Boshoff.
Hilton Boshoff van die Rooikatte met die bal. Foto: Michelle Boshoff.
Frits Koch reik na die bal, maar Nelspruit Rugbyklub wen die balbesit. Foto: Michelle Boshoff
Phillip Hennop wat die ou vashou en Frits Koch wat bystaan, Foto: Michelle Boshoff.
Foto: Jenise Colsby.
Foto: Jenise Colsby.
Foto: Jenise Colsby.
Exit mobile version