Ontmoet: Marius van Rensburg

Van Rensburg is die hartklop agter die Phakisa Pumas.

Voordat hy by die Arende betrokke geraak het, was hy ‘n verspreidingsbestuurder by ‘n maatskappy in die Kaap.

Aan die einde van 2008 het hy as bedryfsbestuurder by die Pumas, toe Johann van Riebeeck-stadion in Witbank nog die span se tuisveld was, begin.

“Ek het self rugby gespeel en afgerig, maar my passie vir die sport gebeur alles van die veld af – alles wat met beplaning en organisering te doen het, is my forté.”

LEES OOK: Meet: Darren Plumb

“Toe ek by die Pumas saam met Jimmy begin het, het ons ‘n driejaar-doelwit vir onsself gestel om te kwalifiseer om in die Curriebeker Premierliga te speel.”

In 2009 het ons net een wedstryd verloor en aan die einde van die Curriebeker as oorwinnaars uit die stryd getree. Ons het ‘n promosie-relegasiewedstryd teen Boland gespeel waar ons in die premierliga opgeskuif het.”

LEES OOK: Jimmy Stonehouse maak sy hart oop oor ISG

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version