Local sportSport

Ashley mik nou om die 15 m-merk oor te steek

Laerskool Nelspruit se Ashley Erasmus het Saterdag by CR Swart 'n nie-amptelike afstand van 14,15 m gegooi. 

Die 2017 Hoërskole Nasionale Kampioenskappe se wenafstand vir dogters o/17 in gewigstoot is 16,38 m.

Laevelder het verlede jaar aan die einde van die atletiekseisoen met die 13-jarige gesels.

Lees die berig hier:

Haar mikpunt vir 2018?

Om die huidige Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe se gewigstootrekord van 13,94 m na 14 m te verbeter.

Ashley het 2017 se o/13-gewigstootafstand van 11,09 m met meer as twee meter tydens Nellies se interhuis verbeter. Sy is op die dag as die beste veldatleet aangewys én sy het die trofee vir beste prestasie van die dag ontvang.

Daarna was Nelspruit se top-20-atlete by Ruimsig in aksie. Hier het sy ‘n tweede plek in diskus met ‘n afstand van 34,90 m behaal sowel as ‘n goue medalje in gewigstoot met ‘n afstand van 12,91 m.

Ashley se afstand van 14,15 m het haar 1 200 ABSA-punte in die sak gebring en met dié fenomenale gooi is sy met die algehele beste prestasie van die dag beloon.

“Ons as ouers sien ‘n blink toekoms vir haar en hoop dat dit net beter met haar sal gaan op die pad vorentoe. Sy is ‘n besondere nederige atleet, wat haar prestasies soveel mooier maak,” het haar ma Angelique gesê.

Die Wes-Kaap se Meike Strydom het tydens verlede jaar se hoërskole- kampioenskappe met ‘n afstand van 16,38 m die eerste plek verower. Affies het verlede Vrydag hul jaarlikse uitnodigingsbyeenkoms aangebied.

Die beste vertoning van die dag is deur Kempies se Christelle Grobler gelewer. Sy het 1 117 punte vir haar afstand vir dogters o/16 in gewigstoot van 14,64 m in haar sak gesteek.

Back to top button